II KRONIEKE 20:15, 17 AFR53
15. en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
17. Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die Here sal met julle wees.
***
Kern gedeelte:
"staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE"
Ons hoor van hierdie geweldige groot probleem wat op ons lewenspad gaan kom, die uitdagings wat ons gaan oorweldig, en waarskynlik sou dit so gewees het, maar een ding het die "verderwer" en die mense van hierdie "wêreld" misgekyk.
Ons dien die Lewende GOD, die GOD van wonders wat die onmoontlike, moontlik maak.
Daarom sê GOD vandag deur Sy Woord vir ons!
Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here by julle.
Raak rustig in die wete dat GOD is in beheer, want as GOD vir jou is, wie gaan teen jou wees.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend gee U aan ons die berusting deur U Woord wat sê, ons hoef nie te veg nie, maar ons moet net ons deel doen, gereed staan, en aanskou hoe U die wat teen ons optrek, teen mekaar laat draai, mekaar vernietig. Ons dank U dat U ons reeds vooruitgegaan het en die sake vir ons hanteer. Ons loof, prys en dank U, vir U ingryping waardeur die onmoontlike moontlik word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die kalmte om sake in U Hand te los, en U te vertrou vir die uitkoms.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





