MATTHÉÜS 15:18-19 AFR53

May 12, 2025

18. Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.

19. Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.


***


Kern gedeelte:

"wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart"


Net 'n kort woord vandag.

Ons kan probeer voorgee, en ons kan alles probeer verbloem, maar die woorde van jou mond spreek uit, wat die hart mee worstel.

Vir 'n klein rukkie kan ons, onself skeinheilig probeer voordoen, mooi woorde praat, maar kortliks kom die waarheid na vore.

Bly net so klein bietjie langer in iemand se geselskap, en die waarheid syfer deur die mond, soos 'n water fontein uit die aarde.

As ons Verlosser en Sy Evangelie in jou hart is, en jy jou lewe volgens Sy Woorde uitleef, sal die woorde van jou mond dieselfde klanke maak.

Maar as die begeertes van hierdie wêreld jou hart oorheers, sal die waarheid uit jou mond dit kortliks bevestig.


-------


GEBED.


VADER, wanneer die wêreld, sy probleme, begeertes en frustrasies terug kruip in ons hart in, word dit onmiddelik duidelik deur die woorde van ons mond. Daarom bid ons vandag dat U ons hart sal reinig en 'n wag voor ons mond sal plaas, en maak dit maar 'n groot wag want ons arrogansie in die "eie ek" wat deurbreek is nie noodwendig klein nie.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal leer om twee keer te dink voordat ons een keer praat.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

May 16, 2025
5. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. 6. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen? *** Kern gedeelte: "Wees tevrede met wat julle het" So vinnig vergeet ons die gedeelte van die gebed wat JESUS CHRISTUS ons geleer het in GOD se Woord wat sê: En gee ons vandag, ons daaglikse brood! As ons ophou om GOD te vertrou vir ons daaglikse voorsiening, begin ons geldgierig raak, en dan begin die gejaag na meer, en dan verdwyn vergenoegdheid uit ons lewens. Vanoggend ontvang jy bevestiging van GOD wat sê, Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Onthou, plaas GOD eerste, en geld, saam met die res van die wêreldse dinge tweede, en Sy Goedheid en Guns sal jou volg al die dae van jou lewe. ------- GEBED. VADER, vanoggend besef ons opnuut hoe die "verdêrwer", die saad van twyfel gebruik om ons sistematies terug te dryf in die sisteem van die wêreld in. Hoe ons deur onvergenoegdheid, deur ondankbaarheid in die slag-gate van verderf trap. Gee ons asb die krag om oor die sonde te heers, sodat ons nie weer 'n slaaf daarvan word nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vrymaak van wêreldse denke. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 14, 2025
21. Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. 22. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 23. Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. *** Kern gedeelte: "Want die loon van die sonde is die dood" Soveel van ons gebruik die verskoning dat GOD se genade vir ons genoeg is, en dit is waar, tot op 'n punt. GOD se genade het ons deurgedra tot hier, en dit is slegs deur genade dat ons vandag nog hierdie boodskap lees! Wees egter versigtig, moenie GOD beproef nie, moenie die Heilige Gees weerstaan deur te volhard in moedswillige sonde nie. Sonde het 'n sneeubal effek, en een of ander tyd, gaan dit buite beheer raak en dan is daar nie meer keer nie. Daarom sê die Woord van GOD vir ons: Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. Terwyl jy vanoggend nog die geleentheid het, stop en draai jou weg daarvan. -------- GEBED. VADER, dankie vir U genade wat ons tot hier toe nog gedra het. Elkeen van ons weet watter dinge ons tans mee besig is, dinge wat buite U Wil is. Gee ons asb die krag om daarmee te breek, ook hierdie hoofstuk van ons lewe af te sluit. Wanneer ons by die dinge van die wêreld kom, laat ons ja, ja wees en ons nee, nee wees. Laat ons asb nie langer buig voor die "verderwer" en sy weë van manipulasie nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om te breek met ons sondige gewoontes. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 13, 2025
26. En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. 27. En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. 31. Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. *** Kern gedeelte: "en julle sal vir julleself walglik wees" As ek vandag terugkyk na my lewe, voor ek JESUS CHRISTUS as my Verlosser en Saligmaker aangeneem het, was ek nie net van die pad af nie, maar ek het die hele padkaart gemis. Terwyl ek in die sienswyse van die wêreld geleef het, was sekere aksies/norme aanvaarbaar en aan die orde van die dag. As ek vandag terugkyk, kan ek nie glo waarmee ek alles besig was nie, ek verstaan nie eers hoe ek kon dink dat dit reg was nie. Wanneer ons, deur ons Verlosser 'n nuwe hart en 'n nuwe gees ontvang, sal ons verlede ook vir ons walglik wees. Dan sal ons weet dat dit slegs GOD se genade was wat ons tot hiertoe gedra het. ------- GEBED. VADER, al wat ek vandag wil doen is om U te dank, te loof en te prys, vir dit wat U alles vir my gedoen het, dat U my 'n tweede kans gegee het. Ek het nog vanoggend die geleentheid om mense te vertel wie my Verlosser is en hoe groot my GOD is. Ek bid vandag vir elkeen wat nog nie die aanraaking van U Heilige Gees in hulle lewe ervaar het nie en laat U Gees nie by hulle verby gaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 9, 2025
31. En hulle kom na jou toe soos 'n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan. 32. En kyk, jy is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie. *** Kern gedeelte: "en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie" Vandag wil ek net 'n stukkie stof tot nadenke gee! Daagliks ontvang mense GOD se woord deur boodskappe, media en persoonlike kommunikasie en party gaan selfs kerk toe, maar as hulle klaar geluister, gaan hulle weer hulle gewone gang. Omdat die hart van die mens verhard is, val die saad wat daagliks gesaai word langs die pad en op die rotse, waar dit deur die begeertes van die wêreld verteer word en waar daar geen geestelike groei plaasvind nie. Hoeveel van ons luister werklik na die Woord van GOD, leef dit uit, en hoeveel van ons sit voor GOD soos mense wat Sy Woord hoor, maar as die boodskap klaar is gaan ons weer ons gewone gang? ------- GEBED. VADER, gee asb aan elkeen van ons die geestelike deursigtigheid om die ware persoon in ons te sien, wat die huigelaar in ons sal raaksien. Ons luister, maar ons hoor nie, omdat ons U nie in waarheid soek nie, en ons hart is nog gevestig in hierdie wêreld. Gee asb dat ons nie 'n dag langer verblind sal wees deur die skynheiligheid van die "eie ek" nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open vir wie ons werklik is. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 8, 2025
29. Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie. 30. Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; 31. maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. *** Kern gedeelte: "maar die wat op die Here wag" So duidelik bevestig GOD dit in Sy Woord, maar daagliks in hierdie wêreld, in hierdie kits era waarin ons leef, word ons deur die media en deur skelm en geldgierige mense gedryf om onmiddelike besluite te maak. Ons wil alles nou hê, en daardeur druk ons onself in skuld, maak ons swak besigheid en verhoudings besluite. Ons word moeg deur dit waarmee die wêreld ons besig hou. As ons pampoene plant weet ons dit vat 90-110 dae voor die oes reg is. Ons kan nie vandag plant en môre oes nie. GOD het reeds die saad in ons geplant, en nou moet ons eers deur die groei proses gaan, voor die oes in volheid sal kom. Maar in haastigheid, eiesinnigheid en hardkoppigheid, gaan ploeg ons die land om en plant ons saad van die wêreld wat geen oes gaan oplewer nie. As jy egter op GOD wag, sal jy nuwe krag kry, sal jou GOD gegewe oes ook in volheid na jou toe kom. ------- GEBED. VADER, in stille nabetragting sien ons die foute wat ons gemaak het deur van U plan vir ons lewe af te wyk. Omdat ons in ons ongeduld nie op U gewag het nie. Gee ons asb berusting oor elke saak en laat U Heilige Gees in ons, ons kalmte gee, en ons leer om geduldig te wag totdat die oes wat U voorberei het, in volle rypheid sal kom. Dankie dat U ons daagliks krag gee en versterk op ons lewenspad. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U hand van beskerming oor ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 7, 2025
4. as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. 9. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. *** Kern gedeelte: "maar hom nie laat waarsku nie" Daar sal wel 'n tyd kom wanneer GOD sal sê, genoeg is genoeg, maar daardie tyd is nie in ons hande nie. Blaas die basuin, laat iemand duidelik verstaan dat dit tyd is om na GOD terug te keer, om JESUS te aanvaar as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker, en hulle dan weg te keer van die sonde. Ons het egter nie nodig om heeldag agter mense aan te loop en hulle te probeer waarsku teen dit wat hulle verkeerd doen nie. Ons kan kinders rig in hulle weë, vertel van GOD en die redding deur Sy Seun, as hulle tot bekering kom, en hulle wegkeer van die sonde van hierdie wêreld. Maar as volwassenes het hulle die keuse om te luister na die waarskuwing, te luister na die Woord van GOD. Maar hulle het ook die keuse om in hulle sonde voort te leef, maar dan is jou hande skoon, en jy het jou siel gered. ------- GEBED. VADER, ons kan 'n perd tot by die water bring maar ons kan hom nie maak drink nie. So ook 'n mens wat in sy sonde bly voortleef. Laat ons asb besef, dat aanhou praat gaan nie help nie, maar dat ons die persoon moet laat begaan, want sy bloed sal op sy hoof neerkom. As ons die waarskuwing gegee het, laat ons die res in U Hand, en vra dat U Wil sal geskied. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die inwerking van U Heilige Gees wat harte sal verander. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings