ESÉGIËL 33:31-32 AFR53
31. En hulle kom na jou toe soos 'n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan.
32. En kyk, jy is vir hulle soos 'n minnelied, soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie.
***
Kern gedeelte:
"en hoor jou woorde, maar hulle doen dit nie"
Vandag wil ek net 'n stukkie stof tot nadenke gee!
Daagliks ontvang mense GOD se woord deur boodskappe, media en persoonlike kommunikasie en party gaan selfs kerk toe, maar as hulle klaar geluister, gaan hulle weer hulle gewone gang.
Omdat die hart van die mens verhard is, val die saad wat daagliks gesaai word langs die pad en op die rotse, waar dit deur die begeertes van die wêreld verteer word en waar daar geen geestelike groei plaasvind nie.
Hoeveel van ons luister werklik na die Woord van GOD, leef dit uit, en hoeveel van ons sit voor GOD soos mense wat Sy Woord hoor, maar as die boodskap klaar is gaan ons weer ons gewone gang?
-------
GEBED.
VADER, gee asb aan elkeen van ons die geestelike deursigtigheid om die ware persoon in ons te sien, wat die huigelaar in ons sal raaksien. Ons luister, maar ons hoor nie, omdat ons U nie in waarheid soek nie, en ons hart is nog gevestig in hierdie wêreld. Gee asb dat ons nie 'n dag langer verblind sal wees deur die skynheiligheid van die "eie ek" nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons oë sal open vir wie ons werklik is.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





