NÚMERI 6:23-27 AFR53
23. Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:
24. Die Here sal jou seën en jou behoed;
25. die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
26. die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
27. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.
***
Kern gedeelte:
"So moet julle die kinders van Israel seën"
In hierdie wêreld vol onmin, twis, naywer, afgunstigheid en jaloesie wil ek vandag net die geleentheid gebruik om die seëninge van GOD oor jou lewe uit te spreek.
* Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.
* Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
* Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.
* Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.
* Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
* Die Here sal jou seën oor jou gebied, in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee.
Mag die seën van die HERE met jou wees op die pad wat jy kies om met GOD te stap en na Sy Stem te luister.
-------
GEBED.
VADER, in hierdie oggend vra ons vir niks, maar dank ons U vir al U seëninge in ons lewe. Laat U seëninge nie net by ons bly nie, maar laat dit ook deurvloei na ander toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, spreek ons lewe oor elkeen wat hierdie boodskap lees, of daarna luister.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





