JOHANNES 16:31-33 AFR53
31. Jesus antwoord hulle: Glo julle nou?
32. Kyk, die uur kom en het nou gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen na sy eie toe, en My alleen sal laat; tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader met My is.
33. Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
**
Kern gedeelte:
"In die wêreld sal julle verdrukking hê"
Om GOD te dien, beteken nie dat jy 'n probleem vrye lewe gaan lei nie.
Nog minder beteken dit dat alles voortaan net goed sal gaan.
Ons sal probleme hê en uitdaging, struikelblokke en aanvalle van die "verderwer" sal daagliks ons pad kruis.
Om volstruis te speel en ons kop in die sand te druk gaan nie help nie, eerstens omdat GOD ons nie 'n gees van vrees gegee het nie en Sy planne vir ons is nie mislukking nie.
Staan vandag op, neem verantwoordelikheid, kyk jou probleme in die gesig en deel daarmee.
As jou probleme te groot lyk om mee te deel, wil ek jou herhinner dat Goliat was baie groter as Dawid.
As die probleem soos 'n berg voor jou lê, onthou dat GOD die berge ook gemaak het, en weet dat deur gebed sal jy krag kry om alles te oorkom.
-------
GEBED.
VADER, deur ongeloof en twyfel, glo ons die leuens wat die "verderwer" voor ons lê en ons kies dan om oor te gee nog voordat ons begin het. Wek asb 'n nuwe gees in ons op, 'n gees van hoop en oorwinning, en laat ons weet dat as ons op ons knieë is voor U bly, sal ons staande bly in hierdie wêreld, want U het reeds hierdie wêreld oorwin.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir nuwe krag in ons hart en 'n nuwe lied van oorwinning in ons mond.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





