I KRONIEKE 16:34-36 AFR53
34. Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid;
35. en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
36. Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die Here!
***
Kern gedeelte:
"Loof die Here, want Hy is goed"
So dikwels voel ons negatief oor situasies, gebeure of omstandighede, maar in dit alles moet ons GOD dank.
Ons mag dalk nie nou verstaan nie maar in GOD se groter plan sal al die legkaart stukke uiteindelik inmekaar pas.
Miskien voel jy alleen omdat jy gebid het dat GOD jou vyande uit jou lewe sal verwyder, en nou verloor jy "vriende".
Onthou dat Judas 'n apostel van JESUS CHRISTUS was.
Miskien het jy gebid vir uitkoms en nou bevind jy jou in 'n doodloop straat.
Moses moes eers voor die Rooi see gaan staan, sonder hoop, voordat die waters sou skei. Almal moes weet dat geen mens hierdie uitkoms kon bewerkstellig nie, maar dit was slegs deur die hand van GOD.
Word stil en oordink jou lewens gebeure, loof die HERE want Hy is goed.
Sonder Sy Hand in, en oor jou lewe, sou jy nie vanoggend hierdie boodskap kon lees of luister nie.
-------
GEBED.
VADER, ons mag dalk nie U plan vir ons lewe verstaan nie, bloot omdat ons nie die groter prentjie kan sien nie. Nogtans, ongeag alles, ongeag huidige probleme, omstandighede en tekortkominge, staan ons vanoggend op en sê. Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die Here!
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir elke gawe uit U Hand.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





