JEREMIA 20:8-9 AFR53
8. Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! — omdat die woord van die Here vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag.
9. En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie.
***
Kern gedeelte:
"dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur"
Vanoggend wil ek jou vra?
Brand die vuur van GOD nog in jou hart, en spreek jy Sy Woord met krag deur, geloof in elke situasie, in alle omstandighede?
As dit nie die geval is nie, dan beteken dit dat ons geloof's reserwe laag begin loop en die vuur word net 'n flikkerende vlammetjie van twyfel.
As jy vanoggend in twyfel rondkyk en die lig nie sien nie, moenie toelaat dat jou gebed in 'n klaaglied verander nie, maar dank GOD vir die uitdagings, teenstand en probleme, want deur gebed sal jy die krag kry om alles te oorkom.
Dan verander die vlam van twyfel in 'n brandende vuur in jou, oor GOD en Sy Woord en word jy 'n getuie van die grootheid van GOD en hoe Hy in alles, jou deurdra en jou vooruitgaan.
-------
GEBED.
VADER, met dieselfde tong spreek ons lewe en dood en dieselfde hart kan gevul wees met twyfel en hoop. Gee ons asb die krag om vanoggend op te staan en die wêreld te vertel hoe groot ons GOD is, en hoe U ons gedra het tot waar ons vandag hierdie boodskap lees. Laat U Heilige Gees hierdie boodskap in geloof en hoop verander waar dit nodig mag wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om op te staan in U Naam.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





