MATTHÉÜS 5:14-16 AFR53
14. Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
15. en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
16. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
***
Kern gedeelte:
"Laat julle lig só skyn voor die mense"
Ek luister na 'n gedeelte oor Ligtorings en die besef kom by my op, Ligtorings is daar geplaas vir 'n rede.
Die ligging van so 'n toring is nie normaalweg ideal nie, maar dit is in areas waar skepe deur storms in die moeilikheid beland en die Ligtorings help om die skepe veilig te hawe te laat inkom.
So word ons ook geplaas in minder ideale plekke, maar bly jy net waar GOD jou geplaas het, want mense wat koers en rigting nodig het deur GOD se Woord sal oor jou pad kom.
Hulle sal hulle rigting vind in die Lig van JESUS CHRISTUS wat deur jou skyn.
Moenie wegbeweeg van waar GOD jou geplaas het nie, en moenie rondval, na mense gaan soek wat jy dink dat hulle hulp nodig het nie.
Staan vas, lewe in GOD, laat Sy Lig skyn, en die mense wat in storms beland het, sal deur jou weer hulle rigting na GOD terugvind.
-------
GEBED.
VADER, U is ons Rots en ons Vesting, en in U is ons hoop om staande te bly. Laat ons nie deur ondankbaarheid, onsekerheid en ontevredenheid ons posisie verlaat of ons grond gebied opgee wat U vir ons bestem het nie. Laat U Heilige Gees ons asb versterk sodat ons, waar ons geplaas is staande kan bly. Laat U Lig sonder ophou deur ons skyn vir ander om te sien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal rig wanneer ons moet bly en wanneer dit tyd geword het om aan te beweeg.
Amen.
••••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






