I THESSALONICENSE 5:16-20 AFR53
16. Wees altyddeur bly.
17. Bid sonder ophou.
18. Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.
19. Blus die Gees nie uit nie.
20. Verag die profesieë nie.
***
Kern gedeelte:
"Wees in alles dankbaar"
As jy vanoggend wakker geword het met negatiewiteit in jou, en jy voel miskien dat alles net verkeerd loop, jy voel jy kan nie meer nie, dan is dit tyd om net te stop, alles te los en vir GOD dankie te sê.
Dankie vir die gesondheid om vanoggend te kon ontwaak.
Dankie vir oë om hierdie boodskap te kan lees.
Dankie vir 'n dak oor ons kop en 'n bed om in te kon slaap.
Dankie vir voorsiening en dankie vir 'n werk.
Dankie vir mense wat ons ondersteun.
Dankie vir ons vyande want deur hulle ons hoe om ander mense binne GOD se geregtigheid te hanteer.
As jy in 'n gesindheid van dankbaarheid begin beweeg, sal jy verbly wees in dit wat jy het, instede daarvan om negatief en ongelukkig te wees oor dit wat jy nie het nie.
Neem net so oomblik en dink mooi na oor dit wat ek vanoggend sê.
-------
GEBED.
VADER, ons ongelukkigheid lê dikwels in ons soeke na meer. Leer ons asb, en gee ons asb 'n gesindheid van dankbaarheid. Laat ons nie bekommerd wees oor die dag van môre nie, want die dag van môre het sy eie probleme. Vanoggend wil ons ophou kla oor ons tekortkominge en dankie sê vir dit wat ons het. Leer ons asb dat die lewe gaan nie daaroor om alles te kry wat ons wil hê nie, maar dat ons dankbaar en vergenoegd moet wees met dit wat ons reeds het.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dankie ons U vir hierdie nuwe dag met nuwe geleenthede.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






