MATTHÉÜS 8:23-26 AFR53
23. EN toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg.
24. En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.
25. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!
26. En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.
***
Kern gedeelte:
"Waarom is julle bang, kleingelowiges?"
Net soos 2025 sy eie storms gehad het, tye van hartseer, moeilikheid, tye van beproeiwings en die wêreldse uitdaging, sal 2026 ook met sy eie uitdagings na vore kom.
Ons raak so maklik deur die storms oorweldig, deur vrees beetgepak, ons raak negatief in ons gemoed en sien dan geen uitkoms nie.
Een stelling wat ons moet onthou hierdie jaar is, Laat gaan, en laat GOD.
Laat gaan jou storms, gee dit vir GOD, laat Hy daarmee deel, en jy sal ook kan sê, ek dien die GOD wat groter is as my storms, want Hy maak ook die storms in my lewe still.
As jy jou probleme voor GOD se voete geplaas het, laat dit dan daar wanneer jy van die gebed vloer af opstaan!
Moenie alles saamsleep nie, want jou bagasie gaan vir jou te swaar word.
-------
GEBED.
VADER, waar ons nog aan die begin van 'n nuwe jaar is, vra ons vir die inwerking van U Heilige Gees in ons lewe. Leer ons asb hoe om ons probleme en bekommernisse te laat gaan. Gee asb dat ons in moeilike tye U kalmte sal ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Waak asb oor ons sodat ons aan die "verderwer" geen ge-opende deur sal gee nie.
In die Naam van ons meester YESHUA, bid is vir elkeen wat vanoggend met twyfel in hulle hart loop. Maak asb hulle storms stil.
Amen.
••••••••
https://tentvamekoms.co.za
Sel: +2771 628 3107






