MATTHÉÜS 14:28-31 AFR53
28. En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.
29. En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.
30. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
31. En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
***
Kern gedeelte:
"Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?"
GOD het jou tot hier toe gebring, en Hy sal jou verder deurdra, hoe onseker die toekoms ook mag wees of tans mag lyk.
Ek luister na verskeie boodskappe wat ek ontvang het die naweek, van die komende pandemie wat beplan word vir 2025.
Soos ek daarna luister, besef ek opnuut hoe die "verderwer", vrees gebruik om die mense van hierdie wêreld lam te lê.
Hoe hy hulle lewens vorm en verdraai deur deur sy leuens, hoe die onsekerheid hulle na grashalms laat gryp.
Dan wil ek vir jou sê, die "verderwer" mag in beheer van die wêreld wees, maar GOD is in beheer van die lewe van Sy kinders, en ons lewe in Sy Hoop, Beskerming, Voorsiening, Vreugde en Vrede.
Geen haar sal op jou kop sal aangeraak word as dit nie binne GOD se Wil is nie.
Draai jou oë weg van die golwe en hou jou oë gevestig op JESUS CHRISTUS en vra in Sy Naam dat GOD jou sal versterk, sal rig en lei.
Dan sal die vrees in jou verdwyn soos mis voor die son en die nuwe dag se lig, van hoop, van 'n toekoms wat GOD vir jou beplan ook deurbreek soos daggeraad.
-------
GEBED.
VADER, deur vrees word die massas gedryf, maar ons lewe voorbereid vir die toekoms, vir U wederkoms om die wêreld te oordeel. Laat die leuens waardeur die "verderwer" vrees saai, ons nie oorheers nie, maar dat ons sal vasstaan, opstaan en dat ons sal verklaar dat ons geloof in ons GOD is, en laat U Wil geskied.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal lei volgens U Wil en U Weg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





