JOHANNES 9:30-31 AFR53
30. Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!
31. En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.
***
Kern gedeelte:
"maar as iemand godvresend is en Sy wil doen, dié verhoor Hy"
As ons gebed nie verhoor word nie, is dit moontlik omdat ons nog steeds in sonde staan, of ons gebede handel nog oor ons vleeslike begeertes van hiedie wêreld.
Ons sondes, ons ongeregtigheid word 'n skeidsmuur tussen ons en GOD.
Daarom lê die klem op hierdie woorde maar as iemand Godvresend is en Sy wil doen.
Dit is nodig om te verstaan dat dit nie ons wil in GOD se lewe is nie, maar GOD se Wil in ons lewe.
As ons die bogenoemde begryp, en in respekvolle vrees vir GOD begin leef, sal niks of niemand die verandering kan stop nie.
As GOD deure begin oopmaak, sal niemand dit kan toemaak nie.
-------
GEBED.
VADER, dikwels forseer ons sake, forseer ons deure oop wat eerder toe moes gebly het, want dit wat ons mee besig is, is nie binne U Wil nie. Omdat ons U nie vereer in dit wat ons doen nie, sal ons nie slaag nie nie. Die "verderwer" sal wel help om deure oop te forseer, maak dit sal slegs na pyn en verderf lei.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons in onpartydige opregtheid sal lei en U Wil aan ons bekend sal maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





