ESRA 8:22-23 AFR53
22. Want ek was skaam om van die koning 'n leër en perderuiters te vra om ons te help teen vyande op die pad, omdat ons met die koning gespreek en gesê het: Die hand van onse God is ten goede oor almal wat Hom soek, maar sy krag en sy toorn oor almal wat Hom verlaat.
23. So het ons dan gevas en onse God dit gevra, en Hy het ons verhoor.
***
Kern gedeelte:
"So het ons dan gevas en onse God dit gevra"
So dikwels verwag ons dat GOD ons moet deurdra en ondersteun in sake van belang terwyl ons verhouding met GOD nie is waar dit moet wees nie.
Ons staan in 'n monologiese verhouding met GOD, waar GOD met ons praat maar ons luister nie en ook praat ons nie met GOD oor ons lewe of sake van belang nie.
Maar as ons GOD begin soek, verwag ons onmiddelike reaksie op gebed, en die kits oplossing moet vinniger wees as 'n 60 minute aflewering.
Hoe gereeld vas en bid ons oor sake, en meer as dit, wag ons op GOD se antwoord?
Om nie 'n antwoord te kry nie, beteken nie dat ons kan voortgaan nie.
Wag op GOD, jy sal die antwoord kry.
-------
GEBED.
VADER, as ons gaan soek, sal ons 'n rede kry om iets nie te doen nie. So gaan dit wanneer ons moet vas en bid oor sake. Ons verwag oplossings en antwoorde maar is nie bereid om in vas en gebed voor U voete te nader nie. Leer ons asb U tyd, en gee ons dan die krag om te kan wag op U antwoord.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk in hierdie dag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





