I TIMÓTHEÜS 6:9-10 AFR53
9. Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
10. Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
***
Kern gedeelte:
"Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels"
Daar is niks fout daarmee as GOD jou finansies seën en jy vooruitgaan in die lewe nie, want die probleem is nie geld nie, maar die liefde vir geld.
Die oomblik wanneer jou seëninge in gierigheid verander, weet dan dat dit die begin van jou smarte is.
As ons besigheid doen, binne GOD se onpartydige opregtheid en GOD se seën ook na ander laat deurvloei, sal ons met die hande wat ons gee, ook weer kan ontvang.
Maar as jy bereid is om ander te verdruk en vertrap in die proses om geld te maak, weet dat die wiel draai, miskien stadig, maar hy draai.
Daarom, soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
-------
GEBED.
VADER, mag die diep besef vanoggend oor ons kom dat ons nie twee meesters kan dien nie. Ons kan kies om U te dien met ons hele hart, siel en verstand, of ons kan kies om voor te gee dat ons U dien en in ons huigelary voortleef waar ons ander verdruk en vertrap ter wille van wêreldse begeertes. Gee ons asb die krag om standvastig in U te bly staan en nie te swig voor die versoekings van hierdie wêreld nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n rein hart wat slegs op U gefokus sal wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





