I TIMÓTHEÜS 5:24-25 AFR53
24. Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.
25. Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.
***
Kern gedeelte:
"Die sondes van sommige mense is baie duidelik"
Ek is nie bekommerd oor die ooglopende sonde wat gesien kan word nie, want daarmee kan direk gedeel word, en ons kan probeer om so 'n persoon te lei na ons Verlosser, JESUS CHRISTUS.
As hy egter volhard in sy sonde, moet hy afgesny word want dit is sy keuse om in sy sonde voort te leef.
Maar ek is uiters versigtig, vir die vriendelike, toenaderende, skynheilige persoon wat hom vir 'n wyle anders voordoen ter wille van sy eie selfsugtige voordeel.
Deur mooi praatjies, goeie gedrag en spesiale behandeling sal hulle nader aan jou beweeg, probeer om in jou gesin, familie of beursie in te kom.
Maar as iets te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik omdat dit presies so is.
Neem 'n oomblik, sit stil en hou dop, want die donker skaduwee wat die persoon volg kan nie weggesteek word nie.
Bid daaroor en die Lig van JESUS CHRISTUS sal die waarheid van die sonde na vore bring,
-------
GEBED.
VADER, hier staan ons voor U en vra vir U hand van beskerm teen die aanslae wat nog gesien kan word, want sommige mense spandeer jare om voor te berei, om ons te na te kom. Laat U Lig, deur die inwerking van U Heilige Gees die waarheid na vore bring.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal seën met 'n gees van onderskeiding tussen lig en donker, ter ere van U Naam.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





