I TIMÓTHEÜS 4:6-9 AFR53
6. AS jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het.
7. Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid.
8. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.
9. Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aangeneem te word;
***
Kern gedeelte:
"en oefen jou in die godsaligheid"
Wys my jou vriende en ek wys jou, jou toekoms.
Jy sal word soos diegene waarmee jy jou omring, en as jy jou met die semels van die wêreld meng, sal jy deur die varke opgevreet word.
Daarom is dit nodig om tyd by GOD se voete deur te bring, sodat jy Sy Woord kan leer ken.
GOD se Woord is ons Leermeester en is vir ons na die wêreld gestuur om ons te leer wat Liefde is, wat onpartydige opregtheid voor GOD beteken.
Beoefen jou in die godsaligheid, want as jy JESUS CHRISTUS leer ken sal jy ook meer en meer soos JESUS word.
Dan sal GOD se plan vir jou lewe al duideliker word.
Wat is die lied in jou mond vanoggend?
Is dit "meer en meer soos JESUS", of is dit the "Highway to hell"
-------
GEBED.
VADER, ons besef nie hoe belangrik dit is om tyd by U voete en tyd in U Woord deur te bring nie. Die "verderwer" probeer ons nie net beinvloed nie, maar probeer ons in die drukgange van sonde plaas, waar daar geen uitkoms is nie. Dankie dat U hand nooit te kort is nie, dankie dat ons leiding, wysheid en insig by U voete kan vind.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat ons vandag die son kan sien opkom en weet dat ons nog 'n kans het om gered te word.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





