JOSUA 3:15-16 AFR53
15. en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,
16. bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.
***
Kern gedeelte:
"hulle voete aan die kant van die water insteek"
As jy ook vanoggend staan by die walle van jou Jordaan rivier, en jou probleme is ook in vloed, met geen menslike hoop om dit te keer of daardeur te kom nie, wil ek vir jou die volgende bevestiging gee!
Om op die wal te bly staan en kyk gaan niks verander nie, maar as jy op GOD se Woord reageer, vorentoe beweeg, die eerste tree in geloof neem, jou voete in die water insteek, sal die pad vir jou oopgaan.
Miskien weet jy nie as besigheid, as persoon waar die voorsiening vandaan sal kom nie, maar weet dit!
Soos jy begin beweeg, so sal GOD se voorsiening jou volg en jy sal met elke tree net sterker word.
Jou mosterd saadjie in jou bank rekening, sal groei tot 'n boom van voorsiening, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander.
Moenie nou begin twyfel nie, jy het dit reeds gemaak, hou net aan stap.
-------
GEBED.
VADER, so dikwels wil ons net op die kant staan en bid, oor ons uitdagings en probleme kla, maar tog was U Woorde aan Moses, Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek. Dankie vir U Woord van bevestiging dat ons moet begin beweeg, dat ons moet wegtrek na 'n nuwe toekoms, na 'n nuwe bestemming saam met U. Gee ons asb die krag om die eerste tree in geloof te neem, en dan in volharding die pad aan te hou stap.
In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vandag vir hierdie
bevestiging, Dit is Tyd om te Beweeg.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





