DEUTERONÓMIUM 11:26-28 AFR53
26. Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor
27. die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel
28. en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
***
Kern gedeelte:
"Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor"
Elkeen van ons, sonder uitsondering het 'n keuse.
As jy vanoggend wakker geword het, met asem in jou longe en genoeg helderheid van verstand om hierdie boodskap te lees, dan is dit nog nie te laat nie.
Jy het vanoggend nog die geleentheid om 'n keuse te maak.
'n Keuse om JESUS CHRISTUS aan te neem as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker, 'n keuse om jou weg te draai van die sonde en GOD te dien met jou hele hart, siel en verstand.
Of jy kan die "wêreld" kies wat jou verder in die sonde gaan inlei, op die hoofweg na die ewige verderf.
Hierdie keuse word vanoggend vir JOU voorgehou.
Nee, dit is niemand anders se keuse nie, niemand anders kan die skuld kry vir dit wat jy gekies het nie.
Jy moet kies, want as jy klaar gekies het, gaan jy die verantwoordelikheid dra vir jou keuse!
-------
GEBED.
VADER, vandag is die eerste dag van die res van ons lewe. Die eerste dag nadat ons die keuse gemaak het om U te dien, of nie te dien nie. Gee ons asb die krag om die regte keuse te maak, om die pad saam met U te stap, maar sonder U nie 'n tree nie. Laat die besef asb tot ons indring dat elke aksie het 'n reaksie en elke besluit het 'n nagevolg.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons hart sal aanraak en ons lei in hierdie keuse wat ons vandag moet maak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





