DEUTERONÓMIUM 14:29 AFR53
29. dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
***
Kern gedeelte:
"sodat die Here jou God jou kan seën"
Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang.
Die misbruikers en die wat op jou gevoel probeer speel sal daar altyd wees, maar daar is mense wat werlik hulp nodig het.
Dit maak aan my geen saak hoe groot jou amp is, hoe belangrik jy dink jy is, of hoe ryk jy is nie of hoe goed jy jou probeer voordoen nie.
Hoe jy ander mense behandel, sal my presies wys waar jy in jou verhouding met GOD staan.
As jy mense rondom jou vertrap, uitsluit, verstoot, verneder en nie help waar jy kan help nie, moenie vra vra nie maar lees weer:
en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, 'en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen'.
Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang.
-------
GEBED.
VADER, hoe dikwels hou ons U seëninge wat moes deurvloei na ander toe, nog steeds teen ons bors vas. Die lank en kort is ons doen dit omdat ons U nie vertrou vir ons voorsiening in die dag van môre nie, daarom gaar ons op, word ons gierig en wil alles vir onself hou. Gee asb aan ons 'n hart van omgee en meegevoel, sodat ons U seëninge ook kan laat deurvloei na ander toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeid sodat ons die verskil tussen nood en misbruik sal raaksien.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za





