JOHANNES 7:38-39 AFR53
38. Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
39. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
***
Kern gedeelte:
"En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo"
As jy nog in die negatiewiteit van hierdie wêreld vasgevang is, mag daar miskien 'n ander gees in jou wees, want as jy in JESUS CHRISTUS glo, en die Heilige Gees van GOD in jou werk sal jy ongeag jou omstandighede in vrede, vreugde en vergenoegdheid lewe.
Dan sal jy verstaan wat dit beteken as strome van Lewende water uit jou binneste vloei.
As jy nog in die negatiwiteit, met die gees wat die "verderwer" oor die wêreld bring in jou loop, mag vandag dalk die tyd wees om te bely, GOD te vra om jou op te rig, sodat strome van Lewende water ook uit jou binneste mag vloei.
Staan op, bely met jou lippe dat JESUS CHRISTUS jou Verlosser en Saligmaker is, en bid dat dat GOD jou sal vrymaak, want as Hy jou vrymaak sal jy waarlik vry wees.
-------
GEBED.
VADER, terwyl ons in die probleem leef, kan ons nie die waarheid sien nie, dink ons nog dat net ons reg is en al die ander mense verkeerd is, terwyl dit ons is, wat 'n probleem met almal het. Lig asb die sluier van negatiwieteit wat die "verderwer" oor ons hou sodat ons U Lig sal sien wat die duisternis en negatiwiteit in ons sal verdryf.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons vandag sal vrymaak van dit wat ons nog gebonde hou.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





