JAKOBUS 4:7-8 AFR53
7. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
8. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
***
Kern gedeelte:
"weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug"
Vanoggend wil ek spesifiek praat oor die dubbelhartigheid van die mens.
Ons bid tot GOD, maar gaan soek ons hulp in die wêreld!
Die meeste van ons gaan op ons knieë en bid tot GOD, maar as antwoord "A"ons nie pas nie, staan ons en gaan doen ons "B" in ons eie wysheid.
Hoekom bid ons dan vir leiding om die "verderwer" te kan weerstaan, maar as ons klaar gebid het, staan ons op en nooi hom by die voordeur in?
Al wat ek vanoggend vra, is maak dubbel seker of dit wat jy vandag wil doen, binne GOD se Wil is.
En as dit nie is nie, wag op bevestiging, maar sonder GOD moet ons nie 'n tree beweeg nie.
Op die regte tyd sal die regte dinge gebeur.
-------
GEBED.
VADER, hoe dubbelhartig gaan ons nie deur die lewe nie. Ons bid dat U ons sal beskerm, dat U Wil sal geskied, maar ons gryp na elke wêreldse geleentheid wat ons pad kruis. Ons wag nie op U tyd of U bevestiging nie, en in ons haastigheid maak ons deure oop wat nie weer toegemaak kan word nie. Stop ons asb vandag in ons spore, en laat ons terugkeer na die pad wat U vir ons beplan het.
In die Naam van oms Meester YESHUA, bid ons vir U perfekte Wil vir ons lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





