NÚMERI 20:8, 11-12 AFR53
8. Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
11. Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
12. Toe sê die Here vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
***
Kern gedeelte:
"en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee"
Moenie toelaat dat mense, jou situasie of jou omstandighede jou frustreer nie want dit sal jou tot buite GOD se Wil bring en jou optrede in die hitte van die oomblik gaan jou duur te staan kom.
Daar sal water uit die klip stroom, want GOD het so gesê, en om die klip te slaan gaan nie meer water gee nie, maar sal jou net tot skade wees.
Vertrou op GOD om uit jou huidige situasie, die wonder werk te voorskyn te bring, en weet dat jy menslik niks kan doen wat dit gaan beter maak nie.
Doen presies wat GOD gesê het, spreek die situasie aan, maar in kalmte en vertroue, en laat die res aan hom oor.
-------
GEBED.
VADER, ons bid vir selfbeheersing te midde van die storm, want in 'n oomblik van woede kan ons onherstelbare skade veroorsaak. Laat ons nie die reg in eie hande neem nie, maar U sal vetrou om oplossing te voorsien wat mense sal verstom, wat alles tot kalmte sal bring.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir kalmte van hart in die hitte van die oomblik.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





