JEREMIA 11:20-21 AFR53
20. Maar, o Here van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
21. Daarom, so spreek die Here aangaande die manne van Ánatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die Here nie, anders sal jy sterwe deur ons hand —
***
Kern gedeelte:
"want aan U het ek my regsaak toevertrou"
Om ons humeur te verloor, die saak in eie hande te neem is waarskynlik die maklikste oplossing, maar dikwels met katastrofiese gevolge.
So vinnig kan ons, deur te oor-reageer ons eie saak versleg en kan ons baie vinnig buite GOD se onpartydige opregtheid staan.
Kan ons deel word van die oordeel van GOD.
Daarom het ek geleer om situasies, sover moontlik in gebed te hanteer en te vra dat GOD in die saak, regverdig sal oordeel en laat Sy Wil geskied.
Dan tree ek weg van die saak, wag ek op GOD, laat ek dit in Sy Hand en aan die einde van die dag hanteer GOD dit op maniere wat ek nooit kon sien nie.
Daarom, vandag, vertrou jou regsaak aan GOD toe en laat Hy regverdig oordeel.
-------
GEBED.
VADER, dit is moeilik om sekere sake te laat gaan, om te wag op U regverdige oordeel. Gee ons asb die krag om op U te wag, want U het gesê dat die wat op U wag kry nuwe krag. Laat ons vandag nie sake in eie hande neem maar eerder ons oë op U gefokus sal hou, terwyl U in geregtigheid met hierdie probleem deel.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir geduld om op U te wag.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





