ESTER 5:12-13 AFR53
12. Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
13. Maar dit alles baat my niks, solank as ek die Jood Mórdegai in die poort van die koning sien sit.
***
Kern gedeelte:
"Maar dit alles baat my niks"
In hierdie verhaal was Haman verteer deur sy bitterheid teenoor Mordegai, en dit het uiteindelik gelei na sy dood.
Daarom stem ek volkome saam met die gesêgde wat sê, Bitterheid is 'n stadige dood.
Bitterheid is soos 'n stadig werkende gif wat jou verteer, maar die persoon teenoor wie jy bitter is kom niks oor nie.
Deur bitterheid te koester maak ons deure oop vir die "verderwer" waarmee hy jou sal teister.
Angs, depressie en negatiwiteit, is maar enkele van die vele toestande wat deur bitterheid, deur onvergifnis veroorsaak word.
Dit affekteer nie net vir jou nie maar ook al die ander mense rondom jou, want hulle kan sien hoe jy daardeur verteer word.
Vergifnis is lewens veranderend, want as jy vergewe, sal jy self ook vry kom van die houvas van die "verderwer".
Sit die gif van bitterheid vandag neer en neem daarvan nie meer nie.
-------
GEBED.
VADER, om te laat gaan van die verlede, die onreg wat teen ons gepleeg is, is makliker gesê as gedaan. Die bitterheid in ons groei soms onbeheerd en verswelg ons lewens geluk, terwyl die wat die onreg gepleeg het gelukkig voortleef. Laat ons vandag asb besef, die wraak kom ons nie toe, en maak ons vry, want as ons vryheid in U Seun vind, sal ons waarlik vry wees.
In die Naam van oms Meester YESHUA, bid ons dat U ons die krag sal gee om vandag te vergewe, sodat onself vry kan wees.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





