II KORINTHIËRS 6:16-17 AFR53
16. Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
17. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem
***
Kern gedeelte:
"Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af"
Die oomblik in elkeen van ons se lewe sal wel aanbreek wanneer ons sê, genoeg is genoeg.
Ek is 'n wedergebore kind van GOD, en ek is 'n tempel van GOD waar die Heilige Gees inwoon en daarom kan ek ek nie die pad verder met julle stap nie.
Aanvanklik mag dit moeilik wees, maar tyd genees en dan besef ons dat dit seerder was om vas te hou as wat dit was om te laat gaan.
Dit is tyd dat ons sekere mense, vriende, selfs familie vaarwel toewens omdat hulle hulself verkleef aan die dinge van die wêreld.
Niemand wat jou in die verderf inlei gaan verantwoording doen met die dag van oordeel nie, volgens ons keuses gaan ons geoordeel word.
-------
GEBED.
VADER, die boodskap mag dalk nie op die gegewe oomblik sin maak nie, maar op die regte tyd sal die lig vir ons opgaan. Lei ons asb in ons besluite en hou asb U Hand van bewaring oor ons en ons geliefdes. Ons vra dat U Wil vir ons lewe sal geskied.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir elkeen wat worstel met depressie en angs. Gee asb genesing.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





