I PETRUS 5:8-9 AFR53
8. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
9. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
***
Kern gedeelte:
"Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof"
Die "verderwer" gaan alles wat hy het na jou kant toe gooi, om jou van stryk te bring, jou in jou geloof te laat struikel.
Wees egter versigtig in jou besluite want die versoekings kom nie net in die negatiewe nie, maar ook deur dit wat soms baie positief lyk.
Wees uiters waaksaam, want as dit te goed is om waar te wees, is dit waarskynlik omdat dit presies so is.
Wees waaksaam, standvastig in jou geloof, en as GOD dit nie bevestig nie, draai om en stap weg daarvan.
Ek herhaal die woorde, wees waaksaam, want dit is so op my hart gelê.
Die "verderwer" sal jou nie in jou swakheid nader nie want jy is reeds in jou passopings daarvoor, maar hy sal jou benader in areas in jou lewe waar jy dink dat jy sterk is.
Dit is presies waar hy sy vatplek sal kry.
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die waarskuwing , want soms struikel ons in ons gretigheid. Laat ons besef dat soms moet dit eers sleg gaan voor dit sal beter gaan, soms moet ons die toets deurstaan, sodat ons standvastigheid in ons geloof kan groei. Laat ons nie gryp na die grashalms wat die "verderwer" in ons lewe plaas nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir leiding aangaande hierdie saak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





