II THESSALONICENSE 2:10-12 AFR53
10. en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
11. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
12. sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
***
Kern gedeelte:
"sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie"
Die boodskap is duidelik!
Die Woord van GOD maak nie voorsiening vir draadsitters nie.
Almal van ons kies die een of die ander.
Ons kies om werkers van geregtigheid of werkers van ongeregtigheid te wees.
In GOD se plan plaas Hy die keuse in ons hande en ons gaan daarvoor verantwoording doen.
Nee, jou lewens besluite is nie iemand anders se skuld nie.
Laat ander doen wat hulle wil doen, maar kies jy om GOD te dien.
Kies jy, om gekies te word!
-------
GEBED.
VADER, dankie vir die waarheid van U Woord. Oral rondom ons word die leuen verkondig dat ons kan lewe soos ons wil want U genade is vir ons genoeg. Terwyl, as ons nie die keuse maak nie, die genade venster kan toegaan en dan sal ons verantwoording doen vir ons keuses en ons dade. Laat ons nie verder op genade se rug ry nie, maar laat ons vandag tot inkeer sal kom. Laat ons kies, om gekies te word.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
E-pos: fanie.le@tentvansamekoms.co.za
Sel: (+27)(0)716283107





