II KRONIEKE 31:20-21 AFR53
20. En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die Here sy God.
21. En in elke werk wat hy begin het insake die diens van die huis van God en insake die wet en die gebod om sy God te soek, het hy met sy hele hart gehandel en voorspoed gehad.
***
Kern gedeelte:
"het hy met sy hele hart gehandel"
Moenie halfhartig wees in jou verhouding met GOD nie, want voorgee, skynheiligheid, en 'n halfhartige gesindheid pas nie, en het nie plek in jou verhouding met GOD nie.
Hoekom het Jehiskía voorspoed beleef in dit wat hy gedoen het?
Want in dit wat hy gedoen het, het hy met sy hele hart gedoen, met sy hele hart gehandel.
As jy vanoggend hierdie boodskap gelees of geluister het, maak die besluit wie jy wil dien, GOD of die wêreld.
As jy egter besluit het om GOD te dien, dien GOD dan met jou hele hart!
Onthou, as GOD enige iets vir jou beteken, sal Hy alles vir jou beteken.
-------
GEBED.
VADER, U Woord sê vir ons dat die boom sal aan sy vrugte geken word, en as ek vanoggend na die vrugte van my lewe kyk, dan sak ek my kop in skaamte, want ons laat toe dat die wêreld sistematies terugkruip in ons lewe in en dit maak inbreuk op ons verhouding met U. Vanoggend onderneem ons egter om U voluit te dien, sodat die wêreld, U Lig deur ons sal sien skyn.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir vergifnis van halfhartigheid.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





