II KORINTHIËRS 6:11-13 AFR53
11. ONS mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
12. Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
13. Maar by wyse van vergoeding — ek praat soos met kinders — moet julle ook verruim word.
***
Kern gedeelte:
"maar in jul binneste het julle dit te nou"
Vanoggend wil ek net 'n kort boodskap bring!
Laat gaan die vrees in jou lewe, die angs in jou binneste, want GOD is in beheer!
Niks sal oor jou pad kom, waarvoor GOD jou nie die krag sal gee om te oorkom nie.
Die vrees en die angs verteer jou, en dit opsig self bring meer probleme in jou lewe in.
Weet dit, GOD is in beheer, daar sal nie 'n enkele haar van jou hoof val sonder die Wil van GOD nie.
-------
GEBED.
VADER, twyfel en angs in ons lewe is die boublokke van struikeling, die deur wat ons vir die "verderwer" oopmaak. Gee ons asb die krag om die vrees en angs tersyde te stel en met die wete te begin leef, dat my GOD is, en sal altyd in beheer wees. Dankie vir hierdie bevestiging want U sê in U Woord, al gaan ek ook deur 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bestraf ek gedagtes van vrees en twyfel in my lewe.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





