HEBREËRS 11:25-26 AFR53
25. omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê,
26. en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.
***
Kern gedeelte:
"as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê"
Elke dag kom daar keuses oor ons lewenspad, soms is die een keuse groter as die ander keuse, ongeag, die keuse bly joune om te maak.
Wanneer hierdie keuse vandag oor jou lewenspad kom, maak die regte besluit, want versoeking en verleiding kom juis in gerief en weelde, in gemak en beloftes van rykdom.
Kies liewer nou die slegter, die minder gemaklike opsie, bly aan GOD en Sy Woord getrou, voordat jy jou siel aan die "verderwer" verkoop sonder dat jy dit besef.
Op die oog af, lyk die situasie dalk na 'n goeie keuse, maar op die lang termyn gaan jy die prys daarvoor betaal.
As jy, soos Moses eerder die eenvoudige pad kies, sal GOD jou verhef op die regte tyd, sal GOD jou die hulp, die ondersteuning en die voorsiening gee wat jy sal nodig hê.
Moenie vandag die keuse met 'n kort tydjie saam met sonde kies nie.
-------
GEBED.
VADER, ons buig vanoggend in nederigheid voor U en vra dat U ons sal lei in hierdie saak, in hierdie besluit, en laat ons, Heilige Gees gelei, die regte keuses maak. Open asb ons oë sodat ons nie blind sal wees vir die front wat die "verderwer" vir ons voorhou nie, waarmee ons versoek sal word. Laat ons keuses, GOD geleide keuses en besluite wees.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons, HERE, dat U ons sal vooruit gaan en die paaie vir ons sal gelykmaak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107




