HEBREËRS 11:1, 3, 6 AFR53

March 12, 2025

1. DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.

3. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.

6. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en 'n beloner is van die wat Hom soek.


***


Kern gedeelte:

"DIE geloof dan is 'n vaste vertroue"


Hoeveel seëninge, deurbrake, geleenthede en oplossings het nie reeds by jou verby gegaan, omdat jy nie in geloof saam met die inwerking van die Heilige Gees beweeg het nie, maar in twyfel bly staan het, verblind deur die omstandighede van die wêreld.

In Hebreërs 11 staan die woorde "Deur die geloof" 19 keer geskrywe.

Nie een voorbeeld word genoem, waar daar geskrywe staan, "Deur te twyfel nie.

Tog twyfel jy, tog is jy onseker of GOD jou situasie of omstandighede kan verander.

'n Motor sonder brandstof, is net so nuttig soos 'n mens sonder geloof.

Daarom bely jou sonde van twyfel, vra GOD om jou op te rig en neem die tree in geloof soos GOD jou lei.


-------


GEBED.


VADER, vanoggend belei ons, ons sonde van ongeloof, van twyfel en vra dat U ons sal versterk deur die inwerking van U Heilige Gees. Laat die gedagtes van onsekerheid, die gevoel van twyfel nie by ons opkom nie, en die woorde van onmoontlikheid nooit weer oor ons lippe kom nie.

In geloof staan ons vanoggend op en ons dank U dat U die onmoontlike reeds vir ons moontlik gemaak het.

 In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag en standvastigheid in geloof.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

May 28, 2025
9. En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. ******* Kern gedeelte: "dien Hom met 'n volkome hart" As ons die geskiedenis van Dawid en van sy seun Salomo ken, sal ons eers begin verstaan wat die term "'n volkome hart" beteken. Dawid was defnitief nie perfek nie, en nadat hy by Betseba ingegaan het, het hy selfs verder gegaan en Uria, haar man laat sterf in die voorgrond van die geveg. Nietemin, hy het sy sonde bely, en by GOD om vergifnis gepleit, maar sy hart, sy weë was deurentyd in GOD gevestig. Salomo wat GOD gegewe wysheid besit het se hart was nie volkome op GOD gevestig nie, en daarom het hy in sy laaste jare agter ander gode aangeloop. Ons almal is mense en ons almal maak foute, maar die slotsom is of ons GOD dien met ons hele hart, siel en verstand! Dan dien jy GOD met 'n volkome hart! Of gaan jy bereid wees om 'n kompromie aan te gaan met die wêreld wat jou uiteindelik gaan weg lei van GOD af? ------- GEBED. VADER, ons almal loop met die Woord van GOD op ons lippe, maar ek twyfel of almal U met 'n volkome hart dien. Daagliks vra ek U Heilige Gees om aan my te openbaar, waar sonde besig is om in my lewe in te kruip, waar ek van U wegdwaal deur wêreldse begeertes. Gee asb dat ek U nie sal verlaat nie, maar dat ek U in nederigheid met 'n volkome hart sal dien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek dat U alle bande sal breek wat ons nog aan die dinge van die wêreld vashou. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 27, 2025
2. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. 3. Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! 4. En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. ******* Kern gedeelte: "Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom" Dikwels hoor ek mense sê dat hulle gebede nie verhoor word nie, en dat hulle woestyn tyd nie verbygaan nie. Ek is 'n mens en kan geen vinger na ander wys nie, want ek self het my eie foute, probleme en sondes. Dit verander nie die saak nie, en daarom stuur ek die boodskap uit. As jy met 'n toe hand deur die lewe gaan, as GOD se seëninge nie deur jou, na ander kan vloei nie, hoe kan GOD jou dan seën? As jy net vir jouself leef, en nie onpartydig opreg teenoor ander staan nie, hoe kan GOD jou seën? As jy nie jou lewensdoel, jou lewenspad voor GOD se voete vind nie, en wandel in geestelike afgestorwenheid, hoe moet GOD jou seën? Wanneer ons weer bid, onthou dat ons dade van onpartydige opregtheid by die geloof moet voeg. Daarom se die Woord: Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. ------- GEBED. VADER, hoe maklik fokus ons nie net op onself nie, dink ons in ons gebede net aan ons eie behoeftes. In die wêreld sien ons ander swaarkry, maar ons hou U seëninge in ons lewe styf teen ons bors vas. Leer ons asb vandag om Gees gelei, U seëninge ook na ander te laat deurvloei, want in hierdie wêreld is leuens, luiheid en hebsug aan die orde van die dag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die waarheid in elke situasie kan sien. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 26, 2025
4. en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? 5. En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 8. Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring. *** Kern gedeelte: "Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop" Op die weg na Damaskus het Saulus, nog vol van homself, sy eie planne gehad hoe hy die Evangelie gaan uitroei, hoe hy homself voor die leier priesters, voor die wêreld gaan bewys. Soveel mense doen dit vandag nog, wanneer hulle GOD nog ontken en nog nie hulle Verlosser ontmoet het nie, omdat hulle die inwerking van die Heilige Gees teëstaan. Maar die tyd kom, waar jy in een oomblik nog trots voor die wêreld staan, nog teen die prikkels skop, en die volgende oomblik stort alles vir jou ineen en lê jy ook dalk blind op die grond. Eers dan leer ons, soos Saulus om tot GOD in nederigheid te nader, ons Verlosser te leer ken, en die mense wat jy op neergekyk het, sal jou tot hulp gestuur word. Gaan voort, ontken JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, maar onthou, die wiel van die lewe draai, miskien stadig, maar hy draai. Die een of ander tyd, is jou jy ook onder en eers dan sal hierdie boodskap vir jou sin maak. ------- GEBED. VADER, hoe arrogant en ontkenend het ons ook nie voor die wêreld gestaan, voordat ons U as GOD erken het, en U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie. Ons bid vir nederigheid van hart sodat ons nooit weer in trots, in die "eie ek" in die wêreld sal staan nie. Ons bid vir elkeen wat nog hierdie pad moet stap, wees asb met hulle sodat nie een verlore sal gaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U harte sal aanraak sodat hulle die Lig, die Weg en die waarheid sal sien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 23, 2025
8. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. 9. Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. *** Kern gedeelte: "Die Here vertraag nie die belofte" Net soos die belofte van die Wederkoms van JESUS CHRISTUS nie vertraag word nie, word sekere dinge in ons lewe ook nie vertraag nie. Alles onder die son het sy bepaalde tyd, en as ons voor die tyd swak besluite maak, is GOD nie verantwoordelik vir die nagevolg nie. Dit was ons keuse! Moenie dat jou ongeduld jou tot struikeling bring nie. Ek het bitter min, in GOD, geduldige mense teëgekom wat kon wag op GOD se belofte, en wat binne GOD se Wil kon bly beweeg. Hulle het die vrugte daarvan gepluk, want GOD is nooit laat nie. Jy is geplaas waar jy is vir 'n tyd, en jy moet doen wat jy moet doen vir 'n tyd, en laat die res aan ons Skepper oor, Hy is nooit laat nie, en as daar 'n vertraging is, is dit vir 'n rede. ------- GEBED. VADER, dankie vir die vertraging wat ons tans ervaar, want as ons mooi daaroor dink, is dit nie tot ons straf nie, maar juis om ons te beskerm. As sekere sake vroeër afgehandel was sou dit tot ons nadeel wees, en daarom hou U sekere mense vir eers uit ons lewe en vertraag U finansies of genesing vir 'n rede. Dankie dat ons besef, dat ons eers dit wat U tans aan ons toevertrou het onder die knieg moet kry, voordat U meer aan ons kan toe aan ons kan toevertrou. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir elke uitdaging in ons lewe, want dit bou ons karakter en vertroue in U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 22, 2025
1. 'n NAAM is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. 2. Rykes en armes ontmoet mekaar, die Here het hulle almal gemaak. 3. 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf. 4. Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe. *** Kern gedeelte: "Die loon van nederigheid" Hierdie is 'n moeilike boodskap om te verstaan as jy nog nie die pad saam met GOD gestap het nie, as jy nog nie deur die meule van die lewe was nie! Eers wanneer jy in totale oorgawe staan, wanneer jy 'n tree terugneem en GOD toelaat om in jou lewe te beweeg, sake vir jou te verander, sien en verstaan ons die groter prentjie. Waar begin die proses? Die Woord van GOD verduidelik vir ons. Verneder jou voor die HERE, en op die regte tyd sal Hy jou verhoog. Wanneer ons nederig in gebed tot GOD nader, op HOM wag voor ons beweeg, sal die konflik van die wêreld ons nie meer aangaan nie en leer ons om alles in nederigheid te hanteer, en daardeur sal rykdom en eer en die lewe na ons toe kom en GOD se Goedheid en Guns sal jou volg al die dae van jou lewe. ------- GEBED. VADER, opnuut besef ek vanoggend hoe maklik ons van die pad afwyk, want arrogansie, die "eie ek" kruip soos 'n kanker terug in ons lewe in, en voor ons besef, staan ons trots in die wêreld en volg ons eie kop, en maak weer dieselfde foute wat ons baie duur te staan gaan kom. Laat U Heilige Gees ons asb herhinner daaraan om in elke situasie nederig voor U te staan. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal beskerm teen onself, sodat ons nie weer sal verval in die weë van die wêreld nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +2772510404
May 21, 2025
25. Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon! 26. Maar die Here het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie. *** Kern gedeelte: "maar die Here het vir my gesê: Dit is nou genoeg!" NEE, is ook 'n antwoord! Miskien bid jy ook oor 'n sekere saak, en jy bid reeds baie lank hieroor, maar GOD sê vanoggend vir jou, die antwoord is Nee! Dit gaan nie gebeur nie. So is dit ook ons ouers se plig om ons kinders te leer, dat Nee, ook 'n antwoord is, want ons lewe in 'n tyd waar die "verderwer" deur die sisteme van die wêreld alles in ons keel wil afdruk, en as ons nie ja sê nie is ons verkeerd en word allerhande name genoem. Die antwoord is Nee, ek staan op vir my reg, ek staan op vir my land waarin ek gebore, ek staan op vir die GOD wat ek dien, en Nee, en gaan nie aan die wêreld gelykvormig word nie. Laat daardie boodskap helder en duidelik uitgaan! ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig dat Nee ook 'n antwoord is, en dat ek ook die reg het om Nee te sê, want sonde en ongeregtigheid gaan ek nie in my huis, my lewe, my besigheid toelaat nie. Ek vra vir die krag om op te staan, 'n standpunt in te neem, en daarby te hou, ongeag wat oor my pad kom. Gee ons asb die moed en krag om hierdie boodskap ook aan ander oor te dra, sodat ons in eenheid teen hierdie wêreld sal staan, want eendrag maak mag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir eenheid en herstel in ons land Suid-Afrika. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings