PSALMS 18:22-25 AFR53
22. Want ek het die weë van die Here gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie
23. want al sy verordeninge was voor my, en sy insettinge het ek nie van my verwyder nie.
24. Maar ek was opreg by Hom, en ek was op my hoede vir my ongeregtigheid.
25. So het die Here my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.
***
Kern gedeelte:
"Maar ek was opreg by HOM"
As ons vier mense in een vertrek plaas, sal daar vier opinies oor 'n saak wees.
As ons 'n vyfde persoon daar inbring, sal daar weer vier opinies oor die nuwe persoon wees.
Ons kan wel luister na goeie raad, maar om jou te verander om by mense in te pas, sal lei tot verdrukking en vertrapping.
Maak baie seker dat jy voor GOD geregverdig staan en nie verander in jou karakter om die goedkeuring van mense weg te dra nie.
Wees opreg, wees wie jy is, en staan in jou hart opreg en geregverdig voor jou Skepper.
Moenie eiewys wees in jou eie oë nie, maar nederig voor GOD in gebed, in jou handel en wandel.
Laat die mense hulle opinies oor jou hê, want aan die einde van die dag is dit presies wat dit is, die opinies van mense.
-------
GEBED.
VADER, gee ons asb die krag om nie te verander om by die mens aan te pas nie. Laat U Heilige Gees ons rig in ons swakhede, aan ons openbaar waar ons tekortkominge is. Laat ons nie net U Woord lees nie, maar uitleef. Laat die verwagtinge en opinies van die mense soos "water van 'n eend se rug" wees en ook nie op ons 'n invloed hê in hoe ons voor U in geregtigheid staan nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om onbeweeglik in U en U Woord te bly staan.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





