MATTHÉÜS 6:9, 12, 14 AFR53
9. Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
12. en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
14. Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
***
Kern gedeelte:
"Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe"
Soveel mense het ons reeds tenagekom in ons lewe dat ons pakkie van onvergifnis deur die jare net swaarder geword het.
Om nie te vergewe nie, en om haat met jou saam te dra het dieselfde effek as om elke dag klein bietjie gif te drink en te verwag dat die ander persoon gaan siek word.
Die realiteit is dat jy daagliks sieker word, maar die ander persoon beweeg aan met hulle lewe.
Om te vergewe maak nie die ander persoon vry nie, maar dit maak jou vry van die lewenslas wat jy met jou saamdra!
Om te vergewe, maak jou siel en menswees gesond sodat jy onverhinderd nader aan GOD kan beweeg, in eenheid met Hom kan kom.
Om te vergewe herstel jou lewenslus, om te vergewe gee jou 'n nuwe uitkyk op die lewe, want jy kyk nie meer terug na wat verby is nie, jy lewe nie meer is die "gister's" van jou lewe nie, maar jy sien 'n nuwe pad, 'n toekoms wat GOD vir jou beplan het.
Vergewe, beweeg aan, dit maak jou vry!
-------
GEBED.
VADER, as ons terugdink oor ons lewe, besef ons, dat die oomblik wat ons iemand vergewe het, is die emosionele houvas oor van die dinge van gister gebreek. Dan kan ons met vrymoedigheid voor U voete kom kniel met die wete dat U ons ook sal vergewe. Dankie dat ons vandag kan vergewe, die dinge van gister kan afsny, en hierdie nuwe toekoms-pad saam met U kan begin stap.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gesindheid van vergifnis, wat die "gister's" van die lewe in die verlede kan los.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





