DEUTERONÓMIUM 32:23-25, 28 AFR53
23. Ek sal onheile op hulle ophoop; my pyle sal Ek op hulle wegskiet.
24. As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
25. Buitekant sal die swaard beroof, en in die binnekamers die verskrikking; die jongman sowel as die jongedogter, die suigling saam met die grysaard.
28. Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.
***
Kern gedeelte:
"Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle"
Is dit nie 'wie en wat' ons as GOD se volk in hierdie land geword het nie.
Word ons nie van die buitekant met die swaard beroof nie, en is daar nie verskriking in ons binnekamers nie.
Instede van 'n hoopvolle toekoms wat GOD vir ons beplan het, sien ons reeds ons ondergang.
Niks gaan hieraan verander as ons nie na GOD terugkeer nie.
Inteendeel, dit gaan baie vinning, nog slegter gaan met ons, maar as ons in waarheid na GOD terugkeer, ons sondes belei, sal die herstel in ons land nie gestop kan word nie.
Wanneer GOD begin werk, sal niemand sy werk kan stop nie.
-------
GEBED.
VADER, voor U kom ons vanoggend en vra dat U, deur die inwerking van U Heilige Gees, op die regte tyd, herlewing in ons land sal teweegbring. Laat ons Suid-Afrika deur U oë sien, die land wat weer genoem sal word, die land van melk en heuning. Maar laat die besef ook insink, dat die verandering by ons moet begin.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die herstel van ons land. Bring asb beweging en verandering op die regte tyd.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: 0716283107






