SPREUKE 3:5-8 AFR53
5. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
6. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.
7. Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die Here, en wyk af van die kwaad;
8. dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
***
Kern gedeelte:
"en steun nie op jou eie insig nie"
As jy vanoggend opgestaan het, en GOD nog nie geraadpleeg het in gebed nie, STOP, want jy is op die verkeerde pad.
Jy is besig om te dwaal en struikel rond in die donker, terwyl die "verderwer" struikelblokke in jou pad plaas wat jou daagliks tot 'n val sal bring.
Los eers alles en vra dat GOD jou rigting sal gee, die Lig van JESUS CHRISTUS in jou lewe sal laat inskyn, want Hy is die Lamp vir jou voet en die Lig vir jou pad.
Dan sal jy tree vir tree uitbreek uit die doolhof van hierdie wêreld en die pad van geestelike vryheid saam met GOD kan stap.
Nooit weer sal jy dan nodig hê om op jou eie insig te steun nie, want dan is GOD in beheer, en in elke stryd sal die oorwinning joune wees.
Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente wees, en jou lewens uitkyk sal nooit weer dieselfde wees nie.
-------
GEBED.
VADER, ons verstaan nie dat depressie, frustrasie, negatiwiteit en siekte deel is van dit wat ons oor ons eie pad bring, wanneer ons in ons eie insig probeer beweeg, en nog nie tot U genader het om ons in ELKE saak, ELKE aspek van ons lewe, betrokke te maak nie. U het reeds ons pad vir ons uitgelê, die hoofweg na Saligheid, maar ons eie insig lei ons deur die modder paaie van die lewe. Open asb ons oë sodat ons U Lig sal sien.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Hand van beskerming in ons lewe.
Amen.
-------
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





