MALEÁGI 4:2-3 AFR53
2. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
3. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here van die leërskare.
***
Kern gedeelte:
"Maar vir julle wat my Naam vrees"
Die wiel van die lewe hou nooit op draai nie en wat vandag bo is, is môre weer onder.
Dit mag op die oomblik lyk of die goddelose vooruitgaan, of alles vir hulle regloop, maar skielik kom hulle tot 'n val en verloor alles.
Maar al val die regverdige sewe keer, agt keer sal hy opstaan, opgerig deur GOD se reddende regterhand.
Daarom wees standvastig in jou weë, wees konstant in jou optrede, wandel in GOD se pad van onpartydige opregtheid!
Moenie wankel nie!
Wees nederig voor GOD, en op die regte tyd sal Hy jou oprig.
Weet egter verseker, vir die wat GOD se Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan.
Die vraag is nie "of" dit sal gebeur nie, maar die stelling is "wanneer" dit sal gebeur.
-------
GEBED.
VADER, soms voel dit of ons in die dryfsand van die lewe vasgevang is, of ons stadig oppad is na nêrens, terwyl ons nie altyd besef dat ons vertraging juis tot ons beskerming is nie. As U seëninge vroeër gekom het, sou dit ons tot skade gewees het. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U son van geregtigheid wel oor ons lewe sal opgaan, en dat ons moet volhard in ons standvastigheid in U.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande teen die aanslae van die "verderwer".
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107






