EXODUS 15:2-4 AFR53

June 13, 2025

2. Die Here is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.

3. Die Here is 'n krygsman; Here is sy naam.

4. Hy het Farao se strydwaens en sy leërmag in die see gewerp. En sy beste vegsmanne het in die Skelfsee gesink.


***


Kern gedeelte:

"Die HERE is my krag en my psalm"


Vanoggend wil ek die lof, prys en eer aan die HERE gee, en ek wil vir jou sê, as GOD al is wat jy oorhet, het jy alles wat jy nodig het.

Waar Moses voor daardie see gaan staan het, het hy tot GOD uitgeroep, want hy het nie meer geweet watter kant toe nie.

En GOD antwoord hom:

Wat roep jy na My?

Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.

En jy, hef jou staf op en steek jou hand uit oor die see en kloof dit, sodat die kinders van Israel dwarsdeur die see op droë grond kan trek.

Vanoggend wil ek vir jou sê, lig jou staf op in gebed en steek jou hand uit oor jou probleme, jou doodloop straat, en sien hoe GOD vir jou 'n pad oopmaak waar daar nie 'n pad is nie en die onmoontlike, moontlik maak.

Ek sê weer, as GOD al is wat jy oorhet, het jy alles wat jy nodig het!


-------


GEBED.


VADER, U gee oorwinning soos geen mens dit kan doen nie, en U is 'n GOD wat die onmoontlike, moontlik maak! Ons eer en dank U vir die oorwinning, en vir die pad wat U reeds vir ons voorberei het, al kan ons dit nog nie sien nie. Alle eer en lof aan U, ons GOD!

In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir U Leiding, U Insig wat U deur U Heilige Gees in ons lewe inspreek.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

July 29, 2025
30. God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31. omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. 34. Maar sommige manne het by hom aangesluit en gelowig geword,.......  ***  Kern gedeelte: "God het dan die tye van onkunde oorgesien" As jy nog in vandag se tyd opstaan en sê, ek weet nie wie GOD is, en wie Hy gestuur het, deur wie ons Verlossing sal verkry nie, dan het ek vir jou slegte nuus. In die tyd van die skrywe van hierdie boek van Handelinge het Paulus aan die mense van Athenai, verduidelik wie die onbekende GOD is wat hulle aanbid het. Maar vandag weet ons wie ons Lewende GOD is wat die hemel en die aarde gemaak het, en wie ons Verlosser en Saligmaker, JESUS CHRISTUS is, want die tye van onkunde het by ons verbygegaan. Soos wat jy kies om hierdie boodskap te ignoreer, so sal elkeen wat dit doen voor GOD gaan staan sodat ons in Sy onpartydige opregtheid ge-oordeel kan word. Maak vandag nog jou saak reg met GOD, jy het nog die tyd! ------- GEBED. VADER, ons dink dat ons nog 'n verskoning het wat ons kan gebruik deur te sê, maar ek het U nog nie geleer ken nie. Ons dink dat ons, ons kan wegdraai van U boodskap sonder nagevolg, maar die uurglas het vir ons leeg geloop want U het die tyd van onkunde oorgesien. Terwyl ons vandag nog in die lewe is, laat ons die geleentheid gebruik deur, gedrewe deur die inwerking van Heilige Gees. In die Naam van ons Meester YESHUA bid ons dat U ons gees sal aanraak sodat ons tot U sal nader. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 28, 2025
30. En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 31. Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 32. En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 33. En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense. *** Kern gedeelte: "wat moet ek doen om gered te word?" Soveel mense soek hulle hulp, hoop en redding in die weë van hierdie wêreld, wat uiteindelik lei op die pad na die ewige verderf. Soeke na drank, dwelms, hoerery, dinge wat nie betaam nie, dinge wat nie geoorloof is nie. Vanoggend wil ek net die antwoord gee wat op my hart gelê is om uit te dra, en dit is: Glo in die HERE JESUS CHRISTUS en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. Die dag wat jy van die wêreld wegdraai, jy tot bekering kom en JESUS CHRISTUS as jou persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar, sal Sy Lig ook in jou begin skyn. 'n Lig wat die duisternis van hierdie wêreld nooit weer sal kan oorweldig nie. ------- GEBED. VADER, in hierdie hoofstuk het hierdie Romeinse soldaat en sy huisgesin se lewens in 'n oomblik onherroepbaar verander. Ons vra dat U ons vandag nog sal aanraak sodat ons lewe ook nie langer in die weë van sal voortgaan nie maar dat ons vandag nog ons Skepper en Verlosser ontmoet. Vergewe ons asb ons sondes. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir siele tot bekering. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 25, 2025
3. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. 6. Want die Here ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan. *** Kern gedeelte: "soos 'n boom wat geplant is by waterstrome" En so lees ons almal net dit wat ons wil hoor, ons lees dat ons op by waterstrome geplant sal wees en dat ons gedurig deur net in voorsiening sal leef, en dat ons net sterker en sterker sal word. En dit is so, maar alles kom met seisoene, soos die boom wat by die waterstrome staan. Die boom gaan ook deur die normale seisoene van die jaar, lente, somer, herfs en winter, maar nog meer, dan kom tye van vloed, tye van droogte, tye van storms en geweldige winde. Ook van tyd tot tyd sal die vuur tot op die rivier oewer brand. Maar nietemin, soos die boom, dra GOD ons deur, ons groei, rus, herstel, maar met elke siklus word ons sterker. Daarom, ongeag die seisoen waarin jy jou tans bevind, GOD bly in beheer, en ook hierdeur sal jy kom. ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat ons af tye net deel is van ons groei proses. Dit is nie ons toekoms plan of ons finale bestemmimg nie. Gee ons asb die krag om iets te leer uit elke situasie waar ons deurmaak, elke seisoen wat ons deurleef. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir krag om staande te bly in elke situasie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 24, 2025
12. Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. 17. En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. *** Kern gedeelte: "met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het" As jy die gebooie van GOD en die Getuienis, die Evangelie van JESUS CHRISTUS glo en verkondig, dan moet jy nie simpatie van die "verderwer" verwag nie. Die Woord van GOD maak dit duidelik dat hy rond loop soos 'n brullende leeu en soek na wie hy kan verslind. Let op, soos 'n brullende leeu. As jy jou standvastigheid in GOD vind, sal die gebrul van die "verderwer" verander van vrees wat jou lamlê, na nuttelose geraas in jou lewe wat geen effek op jou het nie. Aanslae en vals aantuigings sal na jou kant toe kom, maar as ons vers 11 lees, dan staan daar: En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Onthou, jou oorwinning lê in die bloed van die Lam! ------- GEBED. VADER, hoe dikwels lewe ons in vrees, voel ons dat ons nie goed genoeg is nie, lei ons aan 'n swak selfbeeld, en alles deur die leuens van die "verderwer". Laat hierdie waarheid asb by ons insink dat ons oorwinning lê in die bloed van die Lam. As ons U Seun aangeneem het as ons Verlosser en Saligmaker, sal ons U in onpartydige opregtheid wil lewe, deur U gebooie te onderhou. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons 'n 'n nuwe dag, 'n nuwe begin in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
July 23, 2025
29. dan moet die Leviet kom — omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie — en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen. *** Kern gedeelte: "sodat die Here jou God jou kan seën" Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang. Die misbruikers en die wat op jou gevoel probeer speel sal daar altyd wees, maar daar is mense wat werlik hulp nodig het. Dit maak aan my geen saak hoe groot jou amp is, hoe belangrik jy dink jy is, of hoe ryk jy is nie of hoe goed jy jou probeer voordoen nie. Hoe jy ander mense behandel, sal my presies wys waar jy in jou verhouding met GOD staan. As jy mense rondom jou vertrap, uitsluit, verstoot, verneder en nie help waar jy kan help nie, moenie vra vra nie maar lees weer: en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, 'en hulle moet eet en versadig word, sodat die Here jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen'. Soos jy met 'n oop hand gee, so sal jy ook met 'n oop hand ontvang. ------- GEBED. VADER, hoe dikwels hou ons U seëninge wat moes deurvloei na ander toe, nog steeds teen ons bors vas. Die lank en kort is ons doen dit omdat ons U nie vertrou vir ons voorsiening in die dag van môre nie, daarom gaar ons op, word ons gierig en wil alles vir onself hou. Gee asb aan ons 'n hart van omgee en meegevoel, sodat ons U seëninge ook kan laat deurvloei na ander toe. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeid sodat ons die verskil tussen nood en misbruik sal raaksien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
July 22, 2025
15. en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes, 16. bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo. *** Kern gedeelte: "hulle voete aan die kant van die water insteek" As jy ook vanoggend staan by die walle van jou Jordaan rivier, en jou probleme is ook in vloed, met geen menslike hoop om dit te keer of daardeur te kom nie, wil ek vir jou die volgende bevestiging gee! Om op die wal te bly staan en kyk gaan niks verander nie, maar as jy op GOD se Woord reageer, vorentoe beweeg, die eerste tree in geloof neem, jou voete in die water insteek, sal die pad vir jou oopgaan. Miskien weet jy nie as besigheid, as persoon waar die voorsiening vandaan sal kom nie, maar weet dit! Soos jy begin beweeg, so sal GOD se voorsiening jou volg en jy sal met elke tree net sterker word. Jou mosterd saadjie in jou bank rekening, sal groei tot 'n boom van voorsiening, nie net vir jouself nie, maar ook vir ander. Moenie nou begin twyfel nie, jy het dit reeds gemaak, hou net aan stap. ------- GEBED. VADER, so dikwels wil ons net op die kant staan en bid, oor ons uitdagings en probleme kla, maar tog was U Woorde aan Moses, Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek. Dankie vir U Woord van bevestiging dat ons moet begin beweeg, dat ons moet wegtrek na 'n nuwe toekoms, na 'n nuwe bestemming saam met U. Gee ons asb die krag om die eerste tree in geloof te neem, en dan in volharding die pad aan te hou stap. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vandag vir hierdie bevestiging, Dit is Tyd om te Beweeg. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings