ESÉGIËL 33:4, 9 AFR53

May 7, 2025

4. as dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof.

9. Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.


***


Kern gedeelte:

"maar hom nie laat waarsku nie"


Daar sal wel 'n tyd kom wanneer GOD sal sê, genoeg is genoeg, maar daardie tyd is nie in ons hande nie.

Blaas die basuin, laat iemand duidelik verstaan dat dit tyd is om na GOD terug te keer, om JESUS te aanvaar as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker, en hulle dan weg te keer van die sonde.

Ons het egter nie nodig om heeldag agter mense aan te loop en hulle te probeer waarsku teen dit wat hulle verkeerd doen nie.

Ons kan kinders rig in hulle weë, vertel van GOD en die redding deur Sy Seun, as hulle tot bekering kom, en hulle wegkeer van die sonde van hierdie wêreld.

Maar as volwassenes het hulle die keuse om te luister na die waarskuwing, te luister na die Woord van GOD.

Maar hulle het ook die keuse om in hulle sonde voort te leef, maar dan is jou hande skoon, en jy het jou siel gered.


-------


GEBED.


VADER, ons kan 'n perd tot by die water bring maar ons kan hom nie maak drink nie. So ook 'n mens wat in sy sonde bly voortleef. Laat ons asb besef, dat aanhou praat gaan nie help nie, maar dat ons die persoon moet laat begaan, want sy bloed sal op sy hoof neerkom. As ons die waarskuwing gegee het, laat ons die res in U Hand, en vra dat U Wil sal geskied.

In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die inwerking van U Heilige Gees wat harte sal verander.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za

Sel: +27716283107

May 30, 2025
Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant — en hy sou julle gehoorsaam wees. *** Kern gedeelte: "As julle geloof gehad" Vanoggend se boodskap is laat, want ek was nie seker nie, maar ek het bevestiging ontvang. Vanoggend se boodskap is, daar is geen boodskap nie. Daardie saak, daardie probleem wat voor jou lê soos 'n berg, wat jy geen uitkoms voor sien nie, vat jy dit self na GOD toe in geloof, en begin lewe in die wete dat GOD dit gaan oplos, en jy sal sien hoe maak GOD, die onmoontlike, moontlik! ------- GEBED. VADER, dankie dat U vanoggend bevestig, dat U die onmoontlike vir ons moontlik gaan maak, as ons hierdie saak in geloof en wete na U toe bring. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U dat vandag die begin is van 'n nuwe seisoen is in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 29, 2025
Want U is my lamp, o Here! En die Here laat my duisternis opklaar. Want met U loop ek 'n bende storm, met my God spring ek oor 'n muur. Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil. *** Kern gedeelte: "met my GOD" Stop gou 'n oomblik en kyk na jou dag! Hoe gaan jy vanoggend jou probleme en jou uitdagings hanteer en saam met wie trek jy aan die wa? As jy nie jou dag saam met GOD beplan het nie en gevra het dat GOD deur Sy Heilige aan jou krag verleen nie, gaan jy nie deur hierdie dag kom nie. Maak seker jou dag begin Gees gevul, want dan verander jou probleme in uitdagings wat oorkombaar is, want die vuur in jou, verteer enige probleme voor jou. Selfs waar mense klippe na jou gooi, sien jy geleenthede, want jy gebruik die klippe om die platform waarop GOD jou geplaas het nog hoër te bou. Staan op, staan sterk, want as GOD vir jou is, wie gaan teen jou wees? ------- GEBED. VADER, soms lyk die berg voor ons so groot, omdat ons nog nie in geloof vlerke gegroei het om bo die probleme en uitdagings uit te styg nie. Ons is nog op die grond vlak van hierdie wêreld en daarom lyk die probleme oorweldigend groot. Dankie dat U vanoggend bevestig dat U ons nooit sal faal en nooit sal verlaat nie, want deur gebed sal ons krag kry om alles te oorkom. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die Vuur van U Heilige Gees in ons. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 28, 2025
9. En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die Here deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot. ******* Kern gedeelte: "dien Hom met 'n volkome hart" As ons die geskiedenis van Dawid en van sy seun Salomo ken, sal ons eers begin verstaan wat die term "'n volkome hart" beteken. Dawid was defnitief nie perfek nie, en nadat hy by Betseba ingegaan het, het hy selfs verder gegaan en Uria, haar man laat sterf in die voorgrond van die geveg. Nietemin, hy het sy sonde bely, en by GOD om vergifnis gepleit, maar sy hart, sy weë was deurentyd in GOD gevestig. Salomo wat GOD gegewe wysheid besit het se hart was nie volkome op GOD gevestig nie, en daarom het hy in sy laaste jare agter ander gode aangeloop. Ons almal is mense en ons almal maak foute, maar die slotsom is of ons GOD dien met ons hele hart, siel en verstand! Dan dien jy GOD met 'n volkome hart! Of gaan jy bereid wees om 'n kompromie aan te gaan met die wêreld wat jou uiteindelik gaan weg lei van GOD af? ------- GEBED. VADER, ons almal loop met die Woord van GOD op ons lippe, maar ek twyfel of almal U met 'n volkome hart dien. Daagliks vra ek U Heilige Gees om aan my te openbaar, waar sonde besig is om in my lewe in te kruip, waar ek van U wegdwaal deur wêreldse begeertes. Gee asb dat ek U nie sal verlaat nie, maar dat ek U in nederigheid met 'n volkome hart sal dien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ek dat U alle bande sal breek wat ons nog aan die dinge van die wêreld vashou. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 27, 2025
2. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. 3. Hy het duidelik in 'n gesig omtrent die negende uur van die dag 'n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius! 4. En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom. ******* Kern gedeelte: "Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom" Dikwels hoor ek mense sê dat hulle gebede nie verhoor word nie, en dat hulle woestyn tyd nie verbygaan nie. Ek is 'n mens en kan geen vinger na ander wys nie, want ek self het my eie foute, probleme en sondes. Dit verander nie die saak nie, en daarom stuur ek die boodskap uit. As jy met 'n toe hand deur die lewe gaan, as GOD se seëninge nie deur jou, na ander kan vloei nie, hoe kan GOD jou dan seën? As jy net vir jouself leef, en nie onpartydig opreg teenoor ander staan nie, hoe kan GOD jou seën? As jy nie jou lewensdoel, jou lewenspad voor GOD se voete vind nie, en wandel in geestelike afgestorwenheid, hoe moet GOD jou seën? Wanneer ons weer bid, onthou dat ons dade van onpartydige opregtheid by die geloof moet voeg. Daarom se die Woord: Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God. ------- GEBED. VADER, hoe maklik fokus ons nie net op onself nie, dink ons in ons gebede net aan ons eie behoeftes. In die wêreld sien ons ander swaarkry, maar ons hou U seëninge in ons lewe styf teen ons bors vas. Leer ons asb vandag om Gees gelei, U seëninge ook na ander te laat deurvloei, want in hierdie wêreld is leuens, luiheid en hebsug aan die orde van die dag. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir 'n gees van onderskeiding wat die waarheid in elke situasie kan sien. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 26, 2025
4. en hy val op die grond en hoor 'n stem vir hom sê: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? 5. En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop. 8. Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring. *** Kern gedeelte: "Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop" Op die weg na Damaskus het Saulus, nog vol van homself, sy eie planne gehad hoe hy die Evangelie gaan uitroei, hoe hy homself voor die leier priesters, voor die wêreld gaan bewys. Soveel mense doen dit vandag nog, wanneer hulle GOD nog ontken en nog nie hulle Verlosser ontmoet het nie, omdat hulle die inwerking van die Heilige Gees teëstaan. Maar die tyd kom, waar jy in een oomblik nog trots voor die wêreld staan, nog teen die prikkels skop, en die volgende oomblik stort alles vir jou ineen en lê jy ook dalk blind op die grond. Eers dan leer ons, soos Saulus om tot GOD in nederigheid te nader, ons Verlosser te leer ken, en die mense wat jy op neergekyk het, sal jou tot hulp gestuur word. Gaan voort, ontken JESUS CHRISTUS as jou Verlosser en Saligmaker, maar onthou, die wiel van die lewe draai, miskien stadig, maar hy draai. Die een of ander tyd, is jou jy ook onder en eers dan sal hierdie boodskap vir jou sin maak. ------- GEBED. VADER, hoe arrogant en ontkenend het ons ook nie voor die wêreld gestaan, voordat ons U as GOD erken het, en U Seun as ons persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie. Ons bid vir nederigheid van hart sodat ons nooit weer in trots, in die "eie ek" in die wêreld sal staan nie. Ons bid vir elkeen wat nog hierdie pad moet stap, wees asb met hulle sodat nie een verlore sal gaan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U harte sal aanraak sodat hulle die Lig, die Weg en die waarheid sal sien. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
May 23, 2025
8. Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag. 9. Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. *** Kern gedeelte: "Die Here vertraag nie die belofte" Net soos die belofte van die Wederkoms van JESUS CHRISTUS nie vertraag word nie, word sekere dinge in ons lewe ook nie vertraag nie. Alles onder die son het sy bepaalde tyd, en as ons voor die tyd swak besluite maak, is GOD nie verantwoordelik vir die nagevolg nie. Dit was ons keuse! Moenie dat jou ongeduld jou tot struikeling bring nie. Ek het bitter min, in GOD, geduldige mense teëgekom wat kon wag op GOD se belofte, en wat binne GOD se Wil kon bly beweeg. Hulle het die vrugte daarvan gepluk, want GOD is nooit laat nie. Jy is geplaas waar jy is vir 'n tyd, en jy moet doen wat jy moet doen vir 'n tyd, en laat die res aan ons Skepper oor, Hy is nooit laat nie, en as daar 'n vertraging is, is dit vir 'n rede. ------- GEBED. VADER, dankie vir die vertraging wat ons tans ervaar, want as ons mooi daaroor dink, is dit nie tot ons straf nie, maar juis om ons te beskerm. As sekere sake vroeër afgehandel was sou dit tot ons nadeel wees, en daarom hou U sekere mense vir eers uit ons lewe en vertraag U finansies of genesing vir 'n rede. Dankie dat ons besef, dat ons eers dit wat U tans aan ons toevertrou het onder die knieg moet kry, voordat U meer aan ons kan toe aan ons kan toevertrou. In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir elke uitdaging in ons lewe, want dit bou ons karakter en vertroue in U. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings