DEUTERONÓMIUM 8:14, 17-18 AFR53

June 26, 2025

14. en jou hart hom dan verhef, dat jy die Here jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;

17. en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe.

18. Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.


***


Kern gedeelte:

"dat dit HY is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe"


Moenie meer van jouself dink as wat nodig is nie, en moenie op ander mense neerkyk nie, want jy is nie so spesiaal en verhewe as wat jy dink nie.

Miskien leef jy in GOD se Goedheid en Guns en miskien is jy geseënd, sodat GOD se seëninge deur jou na ander mense kan vloei.

Moet egter nooit vergeet wie jou GOD is, en waar jy vandaan kom nie.

As jy nog dink dat, wie jy is en alles wat jy het, het deur jou hand en jou krag gekom, dan lewe jy in die wêreld van materialisme, die wêreld van die "eie ek" waar jy van jou GOD vergeet het.

Weet net, die wiel draai en alles wat vandag bo is, is môre weer onder.

Daarom gaan op jou knieë, dank GOD vir alles in jou lewe, en onthou hierdie woorde:

Maar dink aan die Here jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe.


-------


GEBED.


VADER, ons bid vanoggend vir nederigheid, nederigheid en nederigheid, en help ons dat ons nooit die grond sal verlaat nie, maar in U skadu bly. Vergewe ons asb vir die verkeerde gesindheid wat ons tans in ons harte koester, en gee ons asb die krag om nederig by U voete te bly.

In die Naam van ons Meester YESHUA, dank ons U vir elke gawe uit U Hand.

Amen.


•••••••



Webtuiste: https://incurio.co.za

Sel: +27716283107

September 25, 2025
4. Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe. 5. En bowendien, die wyn is 'n bedrieër, 'n trotse man is onbestendig: hy wat sy keel wyd oopmaak soos die doderyk, en soos die dood is hy, so onversadelik — hy vergader vir homself al die nasies en maak vir hom al die volke bymekaar. 9. Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis, om sy nes in die hoogte te bou, om homself te red uit die greep van onheil. *** Kern gedeelte: "Wee hom wat vuil gewin maak vir sy huis" As daar een ding is waarvan jy seker kan wees is dit die volgende! Een onregverdige sent, vergeld tien duisend regverdige sente. Miskien het jy vandag daarmee weggekom, en miskien sal jy ook môre daarmee wegkom, maar weet die arm van GOD is nooit te kort nie. Die een of ander tyd gaan dit jou inhaal, en dan moet jy nie vra hoekom nie, want die antwoord gaan in jou eie hand wees. Moet dan nie vra hoekom jou verdienste soos water deur jou vingers glip nie, en hoekom jou werke nie geseënd is nie. Want jy het gekies om jou fondasie op ongeregtigheid te bou! En hierdie woorde is op ons almal van toepassing! ------- GEBED. VADER, leer ons asb hoe om in U pad van geregtigheid te lewe, en om ander te behandel soos ons behandel wil word. U Woord is duidelik, ons kan kies watter pad ons wil stap. Die pad van geregtigheid of die pad van ongeregtigheid. As ons die pad van ongeregtigheid kies, laat ons dan nie vra hoekom U Goedheid en U Guns ons nie meer volg nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir die krag om aan te hou om die regte dinge te doen, selfs waar niemand sien nie. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel+27716283107
September 24, 2025
20. Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid 21. en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag. 22. En aan sommige wat twyfel, moet julle barmhartigheid bewys; 23. maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is. *** Kern gedeelte: "maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk" Ons lewe in 'n tyd en era waarin mense so gebreinspoel is dat hulle glo dat die "oor" streling van die mens, die liefde van GOD is. Die realiteit is net net die teenoorgestelde! Jy moet GOD se Woord in waarheid spreek, sagmoedig en self beheersing. Die antwoord, nee beteken nog nee, al sê ek dit in liefde. Met sagmoedigheid, en in liefde sê ek vandag vir jou, bekeer jou van jou sondige weë, en dan kom jy terug, maar jy bring nie jou wêreldse weë en gewoontes in my huis in nie. Ek ruk jou uit die vuur deur dit vir jou duidelik te maak, dat 'n lewe weg van GOD af, gaan jou helwaarts lei, maar jy het nog vandag die keuse in JESUS CHRISTUS. Ek sê dit nie om jou te kritiseer nie, maar as ek dit nie vir jou sê nie, bly die bloed op my hande. Spreek die waarheid, tugtig en vermaan, en ruk die uit die vuur wat blindelings helwaarts stap. ------- GEBED. VADER, gee asb aan ons die krag, deur die inwerking van U Heilige Gees om te staan vir die waarheid van U Woord, en gee asb aan ons die vermoë om die waarheid in liefde te spreek. Maar maak ons ook asb sterk, sodat ons die sonde op die naam sal noem, sodat ons nie mense se ore sal streel om in die gewildheid van die wêreld te staan nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat slegs die waarheid van U Woord oor ons lippe sal gaan. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 23, 2025
6. Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie. 7. Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit. 12. IS U dan nie uit die voortyd nie, o Here, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. Here, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem! *** Kern gedeelte: "tot 'n tugroede het U hom bestem!" Dikwels wanneer ons in situasies op-eindig waar daar geen reg en geregtigheid is nie, is dit juis vir ons tot tugtiging, vir ons tot lering, vir ons tot strafoordeel. Moenie dat hierdie situasie waarin jy jouself bevind tot jou nadeel sal wees nie, maar leer om GOD se Geregtigheid, Sy onpartydige opregtheid in elke saak te soek. Leer daaruit, sodat wanneer jy in die toekoms in beheer van sake is, jy nie dieselfde roete sal volg, weer die weg van ongeregtigheid sal soek nie. Ja, soos die Chaldeërs opgewek is teen die volk van GOD, so sal mense deur GOD in plek geplaas word, sodat jy deur hulle tot die pad van geregtigheid kan kom. Moet dit nie as 'n straf sien nie, maar gebruik die situasie om jouself te verbeter op elke moontlik vlak, en laat die probleem jou leer hoe om weer nader aan GOD te kom. ------- GEBED. VADER, vir alles en almal is daar 'n doel, soms juis om ons te leer hoe ons nie moet lewe nie. Ons leer dalk deur ander, hoe ons mense, nie moet behandel nie. Openbaar asb aan ons die doel van hierdie les, die doel van hierdie beproewings tydperk waardeer ons moet gaan. Gee ons asb die krag om sterker anderkant uit te stap, en dan te leef ter ere van GOD. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal versterk in hierdie tyd van beproewing. Laat dit vir ons tot lering wees. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 22, 2025
13. En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóú en jou seun iets klaarmaak. 14. Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee. *** Kern gedeelte: "Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord" Hoeveel van ons mis ons deurbrake omdat ons, ons vastaar in ons beperkinge, in die bietjie wat ons het. Ons glo en spreek, dat na die dag van môre is ons ook daarmee heen, het ons ook ons einde bereik. Ons spreek eerder negatiewiteit oor ons lewe en omstandighede en glo nie dat GOD sal voorsien in ons daaglikse brood nie. Hier is die waarheid, hou op twyfel, staan op en loop die pad wat GOD vir jou uitgelê. GOD sal jou nie stuur, waar Hy nie sal voorsien nie, maar jy moet opstaan, en die eerste tree in geloof neem, en dan sal jy sien hoe die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie. -------- GEBED. VADER, in hierdie oggend bely ons, ons sonde van twyfel, onsekerheid en wantroue. Dit is menslik dat ons nie U plan vir ons lewe verstaan nie en daarom word ons deur ons twyfel oorheers. Ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei binne U Wil, op die pad wat lei tot ons deurbraak wat U vir ons daar gestel het. Dankie dat die olie en die meel nie sal opraak totdat U die deurbraak, die reëns van U seëninge gestuur het nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U met ons sal wees elke tree van die lewenspad. Amen. ••••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
September 19, 2025
16. EN daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? 17. En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. *** Kern gedeelte: "Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie" As jy daarna strewe om binne GOD se geregtigheid te lewe, binne Sy onpartydige opregtheid, moet dan nie die tien gebooie net lees nie, maar pas dit toe, elke tree van jou lewenspad. Dan sal jy in jou weë geseënd wees! Beklee jou met GOD se Woord, laat dit sigbaar wees in jou handel, jou wandel, in jou spraak en jou optrede. Wanneer jy jou beklee met GOD se Woord, gehoorsaam is aan Sy opdragte, en ons, ons geloof in JESUS CHRISTUS bewaar, sal die Lig van Verlossing deur ons skyn vir ander om te sien. Laat jou lig skyn vir die wêreld om te sien, en versprei die Evangelie van ons Verlosser, elke tree van die lewenspad. ------- GEBED. VADER, U maak dit vir ons so duidelik in U Woord, As julle My liefhet, onderhou my gebooie, want in die onderhouding van U gebooie, sal ons U onpartydige opregtheid vind. Laat ons nie daaroor argumenteer nie, want U Woord is suiwer en U opdragte volmaak. Laat elkeen kies wat hulle wil doen, maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U Heilige Gees ons sal lei hoe om binne die bepalings van U Woord te wandel. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
September 18, 2025
3. Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. 4. Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, 5. so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar. 6. En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is: *** Kern gedeelte: "dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie" Vanoggend wil ek net vir jou sê, "PASOP" vir hoogmoed, want hoogmoed is die moeder van alle sondes. Deur hoogmoed is die "verderwer" uit die hemel gewerp, en deur hoogmoed is Nebukadneser se koningkryk van hom weggeneem totdat hy erken het dat GOD die Allerhoogste is. Rykdom, faam, talente of goeie posisie wat jy dalk beklee, is genade gawes in jou lewe. Instede daarvan om onself bo ander te verhef, kom ons gebruik eerder GOD se seëninge om ander ook daarmee te seën. Soos jy met 'n oop hand ontvang, so moet jy ook met 'n oop hand gee. Laat GOD se son oor almal skyn. ------- GEBED. VADER, soveel van ons lewe nog met die "eie ek" gesindheid, en ons glo dat dit ons harde werk, vernuf en besigheids kennis was wat ons tot hier gebring het. Verblind deur ons arrogansie, besef ons nie dat elke gawe uit U Hand kom nie. Daarom wil ons vanoggend in nederigheid voor U kom om net dankie te sê dat U ons geseën het met dit wat ons vandag het. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U goedheid en U guns in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Meer Plasings