II KRONIEKE 11:2, 4 AFR53
2. Maar die woord van die Here het tot Semája, die man van God, gekom en gesê:
4. So spreek die Here: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die Here en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.
***
Kern gedeelte:
"want van My het hierdie saak gekom"
Jy mag dalk gevra word om by iets of iemand betrokke te raak wat op die ingewing van die oomblik reg lyk of voel, mag dalk teen GOD se Wil inwerk.
Moenie emosioneel reageer of blindelings instorm nie, want sekere sake is juis so beskik, en die persoon/persone sit juis nou aan by hulle eie tafel van nagevolg.
Neem net 'n tree terug, Nader in gebed tot GOD, vra vir leiding, rigting, wysheid en insig, wag vir bevestiging en die antwoord sal ook dalk wees:
▪︎ julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom.
-------
GEBED.
VADER, so dikwels storm ons kop eerste in 'n situasie in, sonder om die langtermyn gevolge te oordink. Ons raak by ander mense se foute betrokke wat hulle deur hulle eie hande veroorsaak het. Laat ons vanoggend net 'n oomblik neem en U ken in hierdie saak, sodat ons nie teen U Wil inwerk nie, nie in die pad kom van U Geregtigheid nie. Lei ons asb soos dit U behaag.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Leiding aangaande hierdie saak.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





