HEBREËRS 13:5-6 AFR53
5. Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
6. Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
***
Kern gedeelte:
"Wees tevrede met wat julle het"
So vinnig vergeet ons die gedeelte van die gebed wat JESUS CHRISTUS ons geleer het in GOD se Woord wat sê:
En gee ons vandag, ons daaglikse brood!
As ons ophou om GOD te vertrou vir ons daaglikse voorsiening, begin ons geldgierig raak, en dan begin die gejaag na meer, en dan verdwyn vergenoegdheid uit ons lewens.
Vanoggend ontvang jy bevestiging van GOD wat sê, Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Onthou, plaas GOD eerste, en geld, saam met die res van die wêreldse dinge tweede, en Sy Goedheid en Guns sal jou volg al die dae van jou lewe.
-------
GEBED.
VADER, vanoggend besef ons opnuut hoe die "verdêrwer", die saad van twyfel gebruik om ons sistematies terug te dryf in die sisteem van die wêreld in. Hoe ons deur onvergenoegdheid, deur ondankbaarheid in die slag-gate van verderf trap. Gee ons asb die krag om oor die sonde te heers, sodat ons nie weer 'n slaaf daarvan word nie.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons dat U ons sal vrymaak van wêreldse denke.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





