HANDELINGE 13:2-3 AFR53
2. En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
3. En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
***
Kern gedeelte:
"En toe hulle gevas en gebid het"
Vanoggend se boodskap is kort, maar tot die punt.
Ek oordeel niemand, maar as jy glo dat jy nie kan vas nie moenie begin nie, want jy het reeds opgegee nog voor jy begin het.
As jy van opinie is dat daar geen voordeel in vas en gebed is nie, hou vas waaraan jy glo, want dit is steeds jou opinie.
Maar weet dat JESUS self aan sy dissipels gesê het, Hierdie geslag kan deur niks anders uitgaan as deur gebed en vas nie.
Die wêreld sal jou anders probeer oortuig, maar deur gebed en vas sal jy nie net jou geestelike lewe verbeter nie, maar jou liggaam en gesondheid sal ook daarby baat..
-------
GEBED.
VADER, ons vra dat U Heilige Gees ons sal lei oor wanneer ons moet vas, en vir hoe lank. Leer ons asb om 'n GOD welgevalle lewe voor U te lei, en dat ons sal wegdraai van die wêreld en sy sondes, terug na U toe.
In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons volharding van ons geloof in U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za
Sel: +27716283107





