DEUTERONÓMIUM 10:12-13 AFR53
12. En nou, Israel, wat eis die Here jou God van jou as net om die Here jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die Here jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
13. om te hou die gebooie van die Here en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?
***
Kern gedeelte:
"dat dit met jou goed kan gaan"
Ek verstaan die bogenoemde beter as wat baie mense verstaan en as jy in GOD se Wil probeer lewe sal jy dit ook verstaan!
Orals in die lewe is daar mense wat wil hê wat ons het, maar hulle is nie bereid om te doen wat ons doen nie.
Waar ander mense agter die wêreld aanjaag, na grashalms gryp en probeer inpas, het ons, in ons, die vrede van GOD wat alle verstand te bowe gaan.
Die Woord van GOD leer ons; soek eers die Koningkryk van GOD en Sy Geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
As jy dit navolg sal GOD dit vir jou gee wat jou toekom, op die tyd wanneer jy dit jy dit kan hanteer, sodat dit ook met jou goed kan gaan.
Moenie die Bybel net lees nie, maar begin dit uitleef, en sien hoe GOD se hand begin beweeg in jou lewe.
-------
GEBED.
VADER, vir jare lank lewe ons in die wêreld en dek ons, ons tafel van nagevolg. Dan vra ons hoekom dit met ons so sleg gaan, terwyl U jare lank deur die inwerking van U Heilige Gees, ons geroep het tot bekering. Ons bid vir vir 'n nuwe blaai, 'n nuwe hoofstuk in ons lewe, waar ons sal leer om U en U Woord eerste te stel, sodat dit met ons goed kan gaan.
In die Naam van ons Meester YESHUA, vra ons vir 'n nuwe begin, vir 'n lewe toegewy aan U.
Amen.
•••••••
Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za





