Plaas jou geloof in GOD,

want HY sal jou nooit faal nie. 

Plaas jou geloof in GOD, want HY sal jou nooit faal nie. 

Liefdadigheid begin by die huis!

Onlangse Plasings

Lees 'n paar van ons nuutste plasings hieronder.

July 14, 2025
1. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie. 2. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. 3. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil. 4. Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. 5. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. 6. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae. *** Kern gedeelte: "Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie" Ek wil vanoggend nie veel sê nie, maar jou slegs herhinner, wie is, ▪︎ Jou Herder, ▪︎ Jou voorsiener, ▪︎ Jou bewaarder, ▪︎ Jou stok en jou staf, ▪︎ En Wie is dit wat jou tafel voorberei teenoor jou teëstanders. Dit is die Lewende GOD wat die hemel en aarde geskape het! ------- GEBED. VADER, ons sien nie meer U Grootheid en Almag, nie, want ons het van U weg beweeg. Die skeidsmuur van sonde staan tussen ons en U, en ons verstoot die inwerking van U Heilige Gees. Gee ons asb vanoggend 'n oomblik van stilte, 'n oomblik van helderheid van verstand, sodat dit by ons sal insink dat U al om teenwoordig is, want die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. In die Naam van ons Meester YESHUA, bid ons vir U Wysheid, U Insig en die inwerking van U Heilige Gees in ons lewe. Amen. •••••••  Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: +27716283107
Sien Meer

Gees Gelei

Kontak Ons

Visie

Gaan terug na my volk, en begin by my mense. Rig hulle op, En laat hulle weet dat ons GOD uitkoms sal gee!! Want deur my Woord sal hulle die land weer in besit neem. 

Tot op Hede

Ons glo dat hierdie bediening sal groei soos en wanneer dit VADER behaag.