Liefdadigheid begin by die huis!
Onlangse Plasings
Lees 'n paar van ons nuutste plasings hieronder.

3. Wat ons gehoor het en weet en ons vaders ons vertel het, 4. sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die Here en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. 5. Hy tog het 'n getuienis opgerig in Jakob en 'n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het — om dit aan hulle kinders bekend te maak, 6. sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders, 7. en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, 8. en nie word soos hulle vaders nie, 'n koppige en wederstrewige geslag, 'n geslag met 'n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie. *** Kern gedeelte: "en hulle vertroue op God kan stel" Hoekom is ons land in die toestand wat dit is, en hoekom het ons jeug, ons kinders geen hoop op die toekoms nie? Omdat ons as ouers hulle nooit geleer het van die Lewende GOD van ons vaders nie. Ons het geen hoop nie, want ons ken Hom nie, die toekoms lyk donker want ons ken nie ons Redder en Verlosser nie. Wat gister gebeur het is verby, en as ons nie ons kinders van GOD geleer het nie, aanvaar dit so, maar begin vandag om jou kinders die weg van die Waarheid te leer, kry jou gesin terug by die voete van GOD, en vertrou Hom vir die toekoms wat geen mens jou kan bied nie. As sake vanoggend vir ons duister en donker lyk, is dit waarskynlik omdat die Lig van JESUS CHRISTUS nie in ons huise en ons lewens skyn nie. Word vandag 'n Ligdraer van jou Verlosser en Saligmaker, en sien hoe ons hele land sal terugdraai na GOD, hoe ons toekoms in Suid-Afrika herstel word en ons weer die land van melk en heuning sal wees. Onthou: die verandering begin by jou! ------- GEBED. VADER, U lê die boodskap op ons hart, dit is tyd. Tyd vir verandering, tyd om op te staan in U Naam. Nie deur krag en geweld nie, maar deur U Heilige Gees wat verandering en herstel sal bring, want waar U begin werk kan geen mens dit stop nie. Gee ons asb die krag om ons kinders te leer dat U Hand nooit te kort is nie, en dat ons toekoms deur U bevestig word. In die Naam van ons Meester YESHUA, verklaar ons oorwinning oor die bose wat tot nou toe deur verdeeldheid geheers het in ons huise, ons lewens en ons land, want die tyd van Eenheid het aangebreek. Amen. ••••••• Webtuiste: https://tentvansamekoms.co.za Sel: 0716283107
Visie
Gaan terug na my volk, en begin by my mense. Rig hulle op, En laat hulle weet dat ons GOD uitkoms sal gee!! Want deur my Woord sal hulle die land weer in besit neem.




